Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 21:30 plaasgevind. “Polisiebeamptes van die Kwanobuhle-polisie, ao. Jacobus Wyatt en konst. Wayne Menezes, was besig met roetine-patrollies en het onmiddellik reageer nadat twee gewapende verdagtes ʼn gemeenskapslid se VW Polo probeer kaap het.”
Volgens Swart het die polisiebeamptes die verdagtes agternagesit en vasgetrek. Daar is op ʼn 9 mm-vuurwapen en ammunisie beslag gelê. Die verdagtes, 32 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Kwanobuhle-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
Goeie opvolgwerk. Geluk SAPD.