Twee vas ná moord naby Dundee

Die gesteelde bakkie wat by een van die verdagtes gevind is. (Foto: Verskaf / SAPD)

Twee verdagtes is die afgelope week in verband met die moord op ’n man van die Dundee-omgewing in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Hennie Maritz (71) is vroeër as vermis aangemeld nadat hy gery en nooit weer teruggekeer het na die plaas waar hy, na verneem word, gewerk het nie.

The Citizen berig dat Maritz Vrydag laas gesien is. Hy was vermoedelik die slagoffer van ’n kaping. Sy liggaam is glo in ’n veld aangetref naby die R68-pad by die Glencoe-gevangenis op Shroeders Hoop.

Kol. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, het by navraag ook nie gesê waar presies Maritz se liggaam gevind is of wat die aard van sy beserings was nie. Hy het ook nie oor die voorval self uitgebrei nie.

“Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Volgens inligting is die slagoffer van ’n plaas in die omgewing ontvoer voordat die verdagtes met sy voertuig gevlug het.

“Daar was beserings aan sy liggaam. Die voertuig [’n wit Nissan-bakkie] is later gevind en twee verdagtes is tydens opvolgondersoeke in hegtenis geneem,” het Ngcobo Woensdag gesê.

Die verdagtes het Maandag vir die eerste keer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die polisie het hulle as Thulani Mkhize en Zenzele Buthelezi geïdentifiseer.

Hulle is in die Emafusini-gebied voorgekeer waar die voertuig by ’n huis gevind is.

“Die sleutels van die voertuig was in die verdagte se besit. Hy is in verband met die gesteelde voertuig en die moord in hegtenis geneem.

“Mkhize het ook sy vermeende medepligtige in die saak, Zenzele Buthelezi, uitgewys, wat ook in verband met die moord in hegtenis geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Catherina ·

Die arme man. Wat n wrede land . So moeg van al hierdie aaklige goed in ons pragtige land

KatjieDeKat ·

Ek stem saam met jou eerste 2 sinne. Maar dis lankal nie meer n pragtige land nie. Riool en rommel orals, verval en nogmaals verval, net waar jy kyk. Die duur private toeriste plekke lyk nog okay en baie dele vd WesKaap, maar die land as n geheel, is n vrot hool.

Danie ·

Dis tyd dat ons meer in opstand kom oor misdaad.Die vraag is wanneer gaan n lyn getrek word.?

Danie ·

Wel enige mens in SA kan n slagoffer van misdaad word soos dit nou aangaan.Maar bejaardes is mos maklike prooi en bied min of geen weerstand.Kriminele wat bejaardes aanval moet lewenslank sit.

Piet parys ·

Nee dis te lekker in die tronk . Familielede moet besluit wat met die misdadigers gemaak word

Chris ·

Dit is ‘n duidelike voorbeeld van die denke en siening van die krimineel. Die 11e gebod geld. (Jy is geoorloof om te doen wat jy wil maar moet net nie gevang word nie. ) Wat vir my opvallend is van die plunderaar, struikrower (politici) en die moordenaar in die land is die argeloosheid waarmee die dade gepleeg word. Dink die oortreder dat daar geen gevolge vir sy dade gaan wees nie. Hoe ontoerekeningsvatbaar is die mense nou werklik.? Geen daad sal ongestraf bly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.