Twee vas ná skietery in Soshanguve

(Argieffoto: pixabay)

Twee verdagtes is Dinsdagoggend in hegtenis geneem in verband met die skietvoorval op Nuwejaarsdag in Soshanguve wat vier mense, onder wie ʼn polisiebeampte en ʼn tienermeisie (14), se lewens geëis het.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes – onderskeidelik 30 en 33 jaar oud – sal na verwagting Donderdag op vier aanklagte van moord in die Soshanguve-landdroshof verskyn.

“Die omstandighede wat tot die skietery gelei het, is in hierdie stadium steeds onbekend,” sê Nevhuhulwi.

Maroela Media het vroeër berig Panyaza Lesufi, die premier van Gauteng, het Dinsdag die gesinne van die vier slagoffers besoek.

Hy het die sinnelose skietery ten sterkste veroordeel en vir vinnige optrede gevra om te verseker dat die oortreders in hegtenis geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.