Twee vas oor ongeslypte diamante

Ongeslypte diamante (argieffoto) Foto: SAPD

Twee persone wat in hegtenis geneem is in verband met die onwettige besit van ongeslypte diamante, sal na verwagting vandeesweek in die landdroshof in Somerset-Wes verskyn.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is Dinsdag in hegtenis geneem. Die polisie het op ʼn wenk reageer en toegeslaan op ʼn plaaslike kroeg in Somerset-Wes waar die diamanttransaksie na verwagting sou plaasvind. “Die mans kon nie bewys van eienaarskap leser nie en is in hegtenis geneem. Die geraamde straatwaarde is ongeveer R400 000.”

Sy sê die polisie stel ondersoek in oor die egtheid van die diamante.

Die twee mans, onderskeidelik 36 en 56 jaar oud, sal Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die kunsmatige monopolie wat de Beers en die Regering geskep het met Diamante maak dat mense smokkel. Ek kan ‘n trok vol steenkool hê en dit is wettig.

p ·

Ek weet om skelm te wees is verkeerd maar dit is pragtige klippies wat God geskep het wat mense waarde aangeheg het om geld te maak sodat hulle hulself kan veryk

been ·

Dis skelm finish en klaar! as almal begin smokkel wat dan? hoekom moet skelms in weelde leef en ander swoeg en sweet vir n karige inkomste elke dag? Ek weet van swendelaars wat met diamante smokkel en ponzi skemas bedryf dmv diamante. Dit vernietig ook lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.