Twee vas vir ontvoering, verkragting

handcuffs3-320x257Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou ontvoer en verkrag het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het in Moletsane, Soweto plaasgevind. Die vrou was glo op pad na Naledi toe sy deur die twee mans, onderskeidelik 21 en 28 jaar oud, gekonfronteer is. Makhubela sê die mans het die vrou na ʼn huis in Moletsane gevat waar hulle haar glo herhaaldelik verkrag en toe vrygelaat het. Die vrou het die voorval by die Protea-polisiestasie aangemeld.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.