Twee vas wat glo plofstof vir misdade verskaf

Die buise met plofbare jel en ontstekers waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Twee Zimbabwiese mans wat daarvan beskuldig word dat hulle plofstof verskaf wat onder meer gebruik word vir die opblaas van kitsbanke, transitorooftogte en onwettige mynbou sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Roodepoort verskyn.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die mans is Maandagaand tydens ’n intelligensiegedrewe operasie deur nasionale misdaadintelligensie en provinsiale speurders van georganiseerde misdaad in Roodepoort in Gauteng in hegtenis geneem.

Volgens Peters het die owerhede op die verdagtes toegeslaan by Roodepoortpark langs die Marvericks-sportklub en die verdagtes se motor deursoek.

Altesaam 39 buise met plofbare jel en ontstekers is tydens die soektog gevind. Dié toerusting word oor die algemeen gebruik vir onwettige mynaktiwiteite en transitorooftogte.

Die verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van en handel in plofstowwe en ook omdat hul vermoedelik onwettig in die land is.

Daar is ook beslag gelê op die verdagtes se motor op grond van die vermoede dat dit in die uitvoer van misdade gebruik is.

Die buise met plofbare jel en ontstekers waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Sluit hul asb vir ewig toe. Moenie repatrieer dan is hul more terug. Bestaan daar enige wil by die ANC regime om die grense beveilig te kry?

Androclus ·

Nee rêrig sluit hulle toe,dis die klomp buitelanders wat saam met die ANC die lewe in SA so bitter maak.

Tanniepetoors ·

Seker van die mense wat deur die SA Weermag soldate in opdrag van ons agbare minister van verdediging oor die grens gehelp is om medisyne in SA te kom kry.

Riana ·

ZIM….. nice one seker deur die SANDF soldate in SA ingelaat om te kom shopping doen en Chronies Meds kry, wat ons Minister van verdediging geen fout mee vind nie…….. hahahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.