Twee verdrink by luukse spa

Twee studente het Dinsdagaand in die swembad van ʼn luukse hotel en spa in Broederstroom, Noordwes, verdrink. (Foto: Verskaf / Hems)

Twee studente het Dinsdagaand in die swembad van ʼn luukse hotel en spa in Broederstroom, Noordwes, verdrink.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die man (21) en vrou (19) was glo deel van ’n groep van 23 studente van die Orbit Leadership College in Mogwase (naby Sun City) wat ʼn opleidingsprogram bygewoon het.

“Die twee het die kroeggedeelte glo om 20:00 verlaat en is na die swembad. ʼn Veiligheidswag het hul lewelose liggame omstreeks 21:00 in die swembad ontdek.”

Leandre Spies, woordvoerder vir Hartbeespoort Emergency Medical Services (Hems), sê hulle het met by aankoms op die toneel saam met die nooddiensorganisasie Strategic Response and Rescue Unit (SRU) noodbehandeling toegepas om die man en vrou by te bring, maar hulle is op die toneel dood verklaar.

Mokgwabone sê die polisie is nou met ʼn geregtelike doodsondersoek besig.

Maroela Media het die hotel en spa om kommentaar genader, maar nog geen terugvoer ontvang nie. ʼn Personeellid wat die foon geantwoord het, het aangevoer dat hy geen kennis van so ʼn voorval dra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tipper ·

Maak seker as jy die kroeg verlaat dat jy kop bo water hou.

007 ·

Die eerste persoon kan dalk nie swem nie, en het in die moeilikheid geraak en die ander een het ingespring om te help, maar kan dalk ook nie swem nie. Vra maarnet?

Anel ·

So ek vroeër gevra het, wie se skuld gaan dit nou weer wees?

Perdeby ·

2 verdrink en niemand anders by die swembad nie………………………..

Irene ·

Dit is baie sleg wat gebeur het al was hulle onder die invloed.

JohanR ·

Twee dinge, of drie dinge..1. Drank, 2. Water, 3. Het nooit geleer om te swem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.