Twee verdrink byna toe een die ander wou help

Argieffoto

Twee mense is Saterdagmiddag uit die see naby Ballito, noord van Durban, gered nadat een die ander te hulp wou snel en toe self in die moeilikheid beland het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is kort voor 14:00 saam met die plaaslike Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en ander nooddienste na Salt Rock-strand ontbied.

Volgens Herbst het ʼn man (53) ʼn groep spartelende swemmers in die see gesien en hulle te hulp gesnel.

Die man kon daarin slaag om een van die swemmers uit die water te red en is terug om nog een te hulp te snel.

Die man het by ʼn 17-jarige meisie in die water uitgekom toe hy self in die moeilikheid beland het.

Herbst sê dat nooddienste met hul aankoms albei uit die water na die kus gebring het. Die meisie was bewusteloos en het nie asemgehaal nie.

Die KwaDukuze-lewensredders het noodhulp op haar toegepas voordat ambulansdienste op die toneel aangekom en hand bygesit het. Hulle kon daarin slaag om ʼn polsslag te herwin en die meisie is in ʼn kritieke toestand met ʼn lugambulans na ʼn hospitaal geneem.

Die man is op sy beurt op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Sterkte julle. Hoop julle herstel volkome na die noue ontkoming. Dankie vir die persoon wat gaan help het en die nooddienste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.