Twee vermeende dwelmhandelaars vas in Noordwes

(Foto verskaf deur SAPD Noordwes)

Twee mans, onderskeidelik 33 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem toe polisiebeamptes Vrydag op ʼn dwelmlaboratorium in Noordwes toegeslaan het.

Die verdagtes se silwerkleurige Volkswagen Polo is op die N4 naby Phokeng opgemerk en hulle is voorgekeer, het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die beamptes is daarna na Geelhoutpark in Rustenburg waar die insittendes van die motor woon. “Tydens die soektog het beamptes beslag gelê op toerusting wat vermoedelik gebruik word om dwelmmiddels te vervaardig. Dit sluit verskeie 20-literhouers chemikalieë, handskoene en stofmaskers in,” het Mokgwabone bygevoeg.

Beamptes het ook beslag gelê op ʼn plastieksak met 3 kg kokaïen met ʼn geraamde straatwaarde van R1,5 miljoen, 10 selfone en ʼn groot bedrag kontant.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis reg kry daai gemors van die strate af voor ons kinders aan drugs bloot gestel word!

Yvonne ·

Net more is hulle weer opstraat of tjomme gaan aan met die besigheid…tragies wat dit aan mense se lewens doen

Jan GL ·

Ek dink dis tyd dat die Staat n minimum vonnis van lewenslank vir dwelmhandel moet instel. Dis moord net baie stadiger en due afhankliheid lei tot verskeie tipes ander misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.