Twee verwerk glo goud op Jhb-kleinhoewe

(Foto verskaf deur die Valke)

Twee verdagtes, 23 en 22 jaar oud, sal Dinsdag in die Vereeniging-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ʼn onwettige goudraffinadery bedryf het.

Die twee persone is Sondag op ʼn kleinhoewe by Walkers Fruit Farms, De Deur, in hegtenis geneem.

“Lede van die Sedibeng-honde-eenheid het op ʼn persoon, wat sterk onder die invloed was, afgekom wat mense op straat by Walkers Fruit Farms geteister het,” sê kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke). “Hulle het die man voorgekeer en hom na sy huis geneem. Hier het hulle op twee persone afgekom wat in ʼn buitekamer besig was om gouddraende materiaal te verwerk. Die beamptes het ondersoek ingestel toe hulle die geluide gehoor het.”

Die beamptes het naby die prosesseringskamer op nog gouddraende materiaal ter waarde van ongeveer R800 000 afgekom.

“Daar is ook beslag gelê op onder andere ʼn 19 kg-gassilinder en twee klein botteltjies kwik.”

Lede van die Valke se eenheid in Randvaal wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, is na die toneel ontbied. Rolspelers van die forensiese laboratorium van Pretoria en verteenwoordigers van Sibanye Mining is ook ontbied.

“Die verdagtes is in hegtenis geneem en alle items is gekonfiskeer vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Iwan ·

Ag daars 100 plekke in Barberton waar dit gedoen word. Die is maar n klein setup.

SwartBees ·

Dit gaan so waar ookal enige goud ryk areas is. Dis maar net hier en daar wat iemand ge-arresteer word wat nie sy royalties betaal nie.

Veritas ·

Ja, kyk maar Welkom ook, Klerksdorp, Fochville, Carletonville, Langlaagte, Roodepoort, Springs, Benoni ens ens. My motor was ‘n paar jaar terug in vir paneelklop werk in Selby / Booysens ingeboek. Die manne het daar oorkant in die veld vir hulle ‘n lekker plant gebou net so agter die bome. Hulle sif die grond net so oop en bloot en verwerk dan die goud net daar. Dit gaan darem lekker hier in Suid Afrika, elkeen doen net wat hy wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.