Twee voorlopig geskors oor babas in bokse

(Foto: Twitter/Pertunia Mokgosane)

Twee personeellede van die Mahikeng- provinsiale hospitaal in Noordwes is voorlopig geskors na die voorval waar pasgebore babas in kartonbokse gesit is weens ʼn tekort aan bababeddens en broeikaste.

Die verplegingsvakbond Denosa het intussen in die bres getree vir verpleegpersoneel by die hospitaal en gesê die betrokke personeel het geen ander keuse gehad nie weens die gebrek aan hulpbronne. Lede van Denosa en ander gesondheidsorgwerkersvakbonde het Maandag ʼn vreedsame betoging buite die hospitaal gehou oor die provinsiale gesondheidsdepartement se skorsing van twee personeellede.

ʼn Voorlopige ondersoek na die voorval moet vandag afgehandel word. Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes, het Saterdag die hospitaal besoek nadat foto’s van die babas in bokse op sosiale media versprei is en ʼn herrie ontketen het.

Nadat Sambatha met die bestuur van die hospitaal vergader het, het hy gesê die foto’s is op 20 Mei geneem en daar is op die betrokke dag 56 babas by die hospitaal gebore. Die hospitaal het egter net 31 funksionele bababeddens en 16 broeikaste gehad.

Sambatha het hierna opdrag gegee dat bykomende bababeddens en broeikaste na die hospitaal gestuur word. Hy het ook ʼn interne ondersoek na die voorval gelas wat teen vandag afgehandel moet wees. Die verpleegster wat die betrokke dag in beheer was sowel as die verpleegbestuurder is voorlopige geskors hangende die uitkoms van die ondersoek.

Die tekort aan bababeddens en broeikaste is glo nie by die hoof van die hospitaal aangemeld nie en daar is opdrag gegee dat moontlike optrede ondersoek word teen die bestuur van die neonatale afdeling. Sambatha het ook om verskoning gevra aan die families van die babas wat in bokse geplaas is.

ActionSA gaan intussen die Menseregtekommissie (MRK) oor die voorval nader. Kgosi Kwena Mangope, ActionSA se voorsitter in Noordwes, het gesê om babas in kartonbokse te plaas is in stryd met die handves van regte in die Suid-Afrikaanse Grondwet wat verklaar dat elke enkele Suid-Afrikaner die reg het op kwaliteit-gesondheidsorg en basiese menswaardigheid.

“As die voorval nie in sosiale media blootgelê was nie, kon meer babas in hierdie kartonbokse geplaas gewees het wat hul gesondheidsorg kon kompromitteer en moontlik hul lewens in gevaar kon stel. Hierdie voorval beklemtoon die voortdurende verval in gesondheidsorg in Noordwes en dringende ingrypings is nodig om die situasie om te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jack ·

Wel as die hospitale geen ordentlike bestuur het wat geld reg aanwend nie sal daar seker nie broeikaste en bedjies vir nuwe babas wees nie.En dan gaan nuwe babas maar in karton dose moet lê met komplimente van die ANC.

Althes ·

Laat dit nou onder die DA party gebeur het, het die ANC mal gegaan en seker gemaak dit word geplaas in alle hoofstroom media

Harley Davidson ·

Hierdie is verkeerd die stelsel moet aangevat word nie die verpleegpersoneel nie ,hulle het ‘n plan gemaak omrede hulle nie die regte toerusting het nie.Ek dink die bestuur en minister behoort nie geskors te word nie maar summier weggejaag te word.

Delia ·

So nou word die verpleegsters geskors. Wanneer word die bestuurders, die Gauteng LUR gesondheid ens ens geskors vir hulle treurige dienslewering.
So nou is die situasie kamtig nie gerapporteer. Almal in die staatshospitale weet wat aangaan

Danie ·

Stem 100% die probleem le by die gesag nie by die werkers.Korrupsie verteer als wat goed kon wees.

Vonkprop ·

Ek stem. Dit was nie die verpleegpersoneel se skuld nie, dit is die regering se skuld. Ja bokse is nie die beste oplossing nie, maar wat moet die arme mense doen met ‘n tekort aan alles. Tyd dat almal begin saamstaan en die regte sondebokke aanspreeklik hou.

Sandra ·

Absoluut skokkend. As hulle nog vir bykomende baba beddens of broeikaste aansoek gedoen het, sou dit die Departement se nalatigheid wees, maar hulle het nie, so die stap om hulle te skors is die beste een.

Delia ·

Sandra, die verpleegpersoneel het heel waarskynlik die tekorte gerapporteer. Jy aanvaar sommer hulle het nie.
As hulle die babas in bokse sit, is dit verkeerd.
As hulle die babas 2 in n broeikas sou sit, is dit verkeerd.
Op die grond…verkeerd.
As hulle staak oor hulle werksomstandighede…verkeerd.
Die verpleegpersoneel moet altyd n haas uit hoed ruk. En die mense met die budget…hulle skors maar met die verpleegsters.

Nettie ·

Delia, die artikel noem dat hulle het dit nie gerapporteer nie! Dis nie arme Sandra wat sommer net so dink nie.

Luxrider ·

Mens moet nie net na die een dag kyk nie. Dit was dalk nie op die dag gerapporteer nie, maar heel moontlik vroeer. Hier is ‘n hele bestuurs ketting wat in gedrang kom en die ketting kon op enige plek gebreek het. Dit help nie om te dink as die verpleegsters die dag dit gerapporteer het, hulle dadelik die toerusting kon kry nie. Dit gebeur net nie. Die hele bestuursketting in die openbare sektor is gebreek en dit is altyd maklik om te ontken en die klein vissies die skuld te gee

Samuel ·

Ek stem saam. Die klein vissies het nie ‘n stem nie en sal nooit gehoor word nie.

Gert ·

Nee die artikel se die bestuur se die verpleegsters het dit nie gerapporteer nie en hulle kan maar net so lekker lieg om hulle basse te beskerm

Sê maar net ·

Bestuur se skuld, nie die verlpeegsters nie. Hulle moes iéts doen om daai babas te help, al is dit ‘n warm kombers in ‘n kartonboks. Baie hartseer. Hulle skors die verkeerde mense.

Janice ·

Hierdie is nie die verpleegpersoneel se skuld nie. Die hele situasie wys net onder waste druk die mense daagliks moet funksioneer en dit bewys net die hoofde van die hospitaal en die neo natal afdeling sit heeldag in hulle kantore en het geen idee wat aangaan nie. Al dink ek dis skokkend vir ‘n hospitaal om tot op die vlak te daal, voel ek Action Society is besig om ‘n situasie uit te buit vir eie gewin. Waarin dink hulle slaap babas in die plakkerskampe? My ouma het my vertel toe hulle klein was in die depressie jare en na die tweede wereld oorlog, was dit niks snaaks vir babas om in bokse en laaie te slaap nie. ‘n Boks is warm en behou hitte. Hou op vinger wys en prys liewers hierdie arme personeel lede wat probeer het om die beste van die saak te maak.

Anel ·

En hulle wil ‘n nadionale gesondheidsorg op ons af dwing? As hulle nie eens vir babas genoeg beddens het nie? Maar nou ja, 56 babas op een dag is ook maar verregaande!!!!

Di ·

Regering moet grants stop! Meeste kry net meer kinders vir grants. Die regering spoor mense net aan om meer kinders te kry in reeds oorbevolkte land

Wondermaarnet ·

Skors eerder die ANC, want dit is hulle skuld. Wat moes die verpleegsters doen as daar nie bedjies is nie?

Owlie ·

Skors die minister van gesondheid en diegene onder die minister wat moet sorg dat hospitale ten volle toe gerus is. Gee die verpleeg pesoneel wat met n lewensredding inisiatief vorendag gekom het n vet verhoging en bonus

piet ·

Nou word die verpleers geskors wat met die krisis op hande iets moes doen. Dis mos die bestuur se skuld dat daar nie genoeg beddens is nie. Hoekom is die Sambatha vent nie geskors nie?

Danie ·

Nou wat moes die werkers doen????Die babas op die koue vloer laat geskors vir die regering se onbekwaamheid.Dit laat my terugdink waar n wit polisieoffisier aangekla is omdat n polisie voertuig nie n spaarband gehad het nie.Ek wil opgooi oor dit wat aangaan.

piet ·

Dis heeltemal onaanvaarbaar dat die verpleegsters nou gestraf word omdat hulle “uit die boks uit” gedink het om ‘n tragedie te voorkom. Ek stem saam, hulle is eintlik die helde in die verhaal. Die bestuur moet ge-fire word.

Lillian ·

Die personeel het ‘n plan gemaak en nou moet hul gestraf word, die regering moet ‘n slag in die spieël kyk en sien wie se skuld wat eintlik in dié land is. Ek hoop die verpleegsters kry hul werk terug.

Jacobus ·

Maar hulle wil NGV implementeer, maar daar is nie eers genoeg baba beddens nie. Hulle maak ‘n totale bespotting en grap van ons land. Dis pateties… DIE CEO van die hospitaal en die LUR verdien vet pakette, is nooit teenwoordig nie en die Departement van Gesondheid het Miljarde se mediese nalatigheid eise teen hulle, wat nie betaal kan word nie want daar is dan nie eers geld vir baba beddens nie. Hoe besef CR dit nie? Kan hy so blind en arrogant wees… Nooit gedink ons sal ‘n slegter leier in ons land hê as JZ nie, maar CR oortref homself behoorlik. Viva Comrade, Viva.

Kremetart ·

As daar nie n bed beskibaar is nie, is dit definitief beter as niks. Ek sou dit ook gedoen het!!! Ek het dit dalk in my eie huis gedoen. Baie van ons ouers en grootouers het dalk ook so begin. Ons almal ken armoede.
Ja, haal die dept uit, maar los die personeel wat probeer planne maak uit niks.

minnie muis ·

as daar nie so geld geplunder was deur die anc nie was die land nie so in diep gat nie, die verpleegters het ten minste iets probeer doen

Amanda ·

Google Finland baby box. In Finland kry jy by geboorte’ n boks met babaitems in. Die boks word dan gebruik as baba se eerste bed. Wat van so projek vir SA?

Gert ·

O my vader wil jy n opstand veroorsaak. Our people sal dit nooit toelaat nie.

Patch ·

Skors die minister, bestuur en matrone. Dit was die enigste plan wat die verpleegpersoneel kon maak en het hulle gelukkig nie die babatjies sommer op die vloer of op ‘n trollie laat lê nie. Dis skokkend om te sien hoe dit in ons staatshospitale gaan.

Nettie ·

Mense, lees mooi met begrip!

Dis nie die verpleegsters op grondvlak wat geskors is nie! Dis die BESTURENDE verpleegpersoneel. Die in beheer van die vloer, bestellings en verpleegsters. Hulle het nie die tekort aangemeld soos hulle moes nie!

Ek hoop die hospitaal bepaal nou HOEKOM dit nie aangemeld was nie. Was dit te chaoties, is die nodige prosedures of kennis nie in plek nie, of was die aan wie hulle moes rapporteer nie aan diens nie, of wat?

Delia ·

Nettie, lees maar weer. Nerens praat mens van mense wat die bestellings doen nie. Die berig sê GLO nie aangemeld nie. En waar dink jy werk die verpleegsuster in beheer van die saal…sy werk op grondvlak.Dis maklik om die verpleegpersoneel te blameer. Glo my, ek van amper 40 jaar in Verpleging

Nettie ·

Delia dis hoekom ek sê ek hoop hulle stel ondersoek in na HOEKOM dit nie aangemeld is nie. Die susters in beheer, IS in beheer van die bestellings. Nie om dit uit te voer nie, maar aan te meld. In die berig staan daar dis NIE aangemeld nie.

Of dit waar is moet ondersoek word. Maar dis die feite soos dit TANS staan. Die susters moet ook skuld neem as hulle betyds nog moes bestel of aangevra het van ‘n ander hospitaal, of aangemeld het daar’s ‘n dreigende tekort, en hul het nie.

agnes ·

Ons hospitale kan nie voorbly met bababedjies nie. In een hospitaal in Pretoria word in een nag 30 keisersnitte gedoen, wat nog van normale geboortes. Hoe kan Hulle ooit genoeg voorsiening maak en wie betaal vir die tekorte?

Mieke ·

Nie die verpleegsters aan diens se skuld nie. As daar nou 2 ander aan diens was sou hulle seker dieselfde oplossing gemaak het. En dan sou hulle geskors word. Gaan soek die probleem by die owerhede….

Janice ·

Dit irriteer die wit waks uit my uit as daar alewig besoeke na voorvalle gedoen word. As die kaders voor die tyd hulle werk reg gedoen het, sou hulle nie na die tyd hoef te besoeke doen om vure dood te slaan nie.

Sê maar net ·

Net twee vrae: Wie is aan die bestuur by hierdie hospitaal. 2) Waarom het hulle nie hul werk gedoen nie?
Onmenslik, skandalig en totaal onaanvaarbaar.

Samuel ·

Is alles regtig net die verpleegsters se skuld? Is broeikaste en beddens nie miskien al bestel, maar nooit afgelewe nie, of nie as ‘n dringende saak beskou nie?? Waar is die hospitaal bestuur dan? So maklik om die voetsoldate verantwoordelik te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.