Tweede Ezemvelo-leeu doodgeskiet

Wagte se veiligheidshuis is vroeër deur ontstoke inwoners aan die brand gesteek nadat twee leeus en twee renosters uit dié wildreservaat ontsnap het. (Foto: Verskaf)

Die tweede leeu wat vroeër die maand uit die Hluhluwe‑iMfolozi Park (HiP) in KwaZulu-Natal ontsnap het, is Donderdag doodgeskiet.

Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, het bevestig dat die leeumannetjie deur lede van die publiek in Qanqatha naby Babanango doodgemaak is.

Mntambo sê die leeu het vee gevang, maar dat hy nie in dié stadium kan sê hoeveel of wat die omvang van die skade is nie.

Hy het nie verdere besonderhede oor die voorval verskaf nie.

Maroela Media het vroeër berig dat twee leeus en twee renosters uit die HiP-wildreservaat ontsnap en groot amok in die gemeenskap gemaak het. Albei renosters is intussen weer gevang en die ander leeu is vroeër doodgeskiet nadat dit vier beeste gevang het. Dit is nie die eerste keer dat diere hier ontsnap en die gemeenskap teister nie.

Ontstoke inwoners het na die jongste voorval verlede week na die park opgeruk en onder meer wagte se veiligheidshuis by die ingangshek aan die brand gesteek, by personeel se verblyf ingebreek en kos en besittings van veldwagters gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Ek het nie geweet of ek jou moet duimop of duimaf vir die aaklige waarheid wat jy kwytraak, Lisma. Duimop sou beteken ek hou van wat jy sê. Toe duimniks ek jou, want wat jy sê is ‘n verskriklike waarheid.

Renier ·

En gaan die gemeenskap lede nou vervolg word vir brandstigting,diefstal ens? nee,sal seker geld kry by regering

yahneh ·

My woorde gaan uit ‘n bitter plek kom, ek kies stilte…

GWS ·

En gaan inbraak, diefstal en brandstigting nou hulle probleme oplos?!!!

Perdevy ·

Die “gemeenskap” behoort eerder van kant gemaak word. Wrede, vernietigende, nutteloze zuurstof diewe

Cherokee ·

Wagte se veiligheidshuis aan die brand steek? Pleks hulle gooi die wagte se karre met klippe. Dìt blyk ‘n aanvaarbare betuiging van beswaar te wees. Miskien sou dìt die probleem oplos.

Anel ·

Nou wonder ek, hoe het die diere “ontsnap”? Sovêr ek weet grawe ‘n leeu nie sommer ‘n gat in ‘n heining nie of knip ‘n heining nie! Die gemeenskap, glo ek, jag onwettig . Hulke knip die heining en dan ontsnap die diere. Ek kan aan geen ander verduidelik dink nie. Maar nou ja, mens mag mos nie hardop sê wat jy saggies dink nie. Arme, onskuldige diere!!!

Christelle ·

So word al ons wild ook nou stelselmatig uitgeroei tot daar niks meer oor is nie. Dis hartseer van die skade, maar die gemeenskap het verkeerd opgetree deur verder vernietiging te saai. Ek is seker daarvan dat die reservaat hulle sou kon vergoed vir die skade of onderhandelings kon doen.

Prikkie ·

Ons is goed oppad om in Zim se spore te volg.

Hulle het egter nou al begin agterkom dat toeriste geld bring en is besig met ‘n ommekeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.