Tweede MyCiTi-bus in Kaapstad in ligte laaie

Een van die busse wat die naweek in Kaapstad uitgebrand is.

ʼn Tweede MyCiTi-bus is Saterdagaand in Kaapstad aan die brand gesteek en heeltemal verwoes.

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, het gesê die bus is Saterdag omstreeks 22:00 op Racecourseweg aan die brand gesteek. Die bushalte is ook in die brand ernstig beskadig.

Niemand is in die voorval beseer nie.

ʼn Dag tevore is ʼn MyCiTi-bus naby Dunoon ook aan die brand gesteek.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê dié bus is tydens ʼn betoging oor dienslewering aan die brand gesteek. Die polisie het die skare uiteengejaag en die gebied word vanoggend steeds dopgehou.

Geen verdere geweld is tot dusver aangemeld nie.

Volgens Traut is niemand nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

More huil hulle weer omdat daar nie genoeg busse is nie. Mooi so ANC!!

Willem ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat niemand gevang word nie. Duisende betoog maar nie een word toegesluit nie

Francois ·

Niemand in hegtenis. Dis tog so duidelik die taxi regering sit agter als. Geen bus beteken meer mense vir taxi industry.

Kanjynoumeer ·

Eers die treine, nou weer die MyCiti-busse.
Toe-val-lig…
Ek ruik rot!!!

Nico ·

Die tax’i unie sit agter alles, dit gaan meer en meer gebeur want die tax’i bedryf kry nie wat hulle vra nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.