Tweede span SA brandbestryders na Kanada ontplooi

Hotshots Foxtrot-span in aksie onder leiding van hul leier Phumlani Nqayi (Foto: Working on Fire/Twitter)

Suid-Afrika het ʼn tweede groep van 200 brandbestryders ontplooi om veldbrande in Alberta, Kanada, te help bestry.

Die departement van bosbou, visserye en die omgewing se Working on Fire-program stuur die 200 brandbestryders en 13 bestuurders, Mzanzi Hotshots 2, na Alberta. Die eerste groep van 200 brandbestryders en 15 bestuurders is op 3 Junie 2023 ontplooi.

Mzanzi Hotshots 2 vertrek Woensdag om 12:00 vanaf die Kruger Mpumalanga- internasionale lughawe na Edmonton, Kanada.

Die ontplooiing van die twee spanne volg in reaksie op ʼn dringende versoek van die Kanadese interagentskap Forest Fire Centre (CIFFC) kragtens ʼn memorandum van verstandhouding tussen die twee lande.

Alberta het hierdie seisoen reeds 550 veldbrande aangemeld met beduidende skade aan eiendom en infrastruktuur. Duisende mense is dakloos gelaat. Ontruimingsbevele is in talle gebiede uitgereik.

Die ooreenkoms is in 2019 onderteken en maak dit moontlik dat brandbestrydingshulpbronne tussen die twee lande gedeel kan word. Dit is onderteken ná twee ontplooiings vroeër na Kanada om veldbrande in Alberta en Manitoba te bestry.

Die ontplooiing in 2023 is die vyfde samewerkingsgeleentheid tussen Suid-Afrika en Kanada wat betref die uitruil van personeel. Die spanne bestaan uit hoogs gekwalifiseerde brandbestryders, met ʼn minimum van drie jaar ondervinding. Hulle moet ook Kanadese pompoperasie-tegnieke onder die knie hê.

Die spanne sluit lede in met vorige internasionale brandbestrydingservaring wat hul kennis verbreed om ingewikkelde brandsituasies te kan hanteer.

“Ek wens die span alles van die beste toe,” sê Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en die omgewing. “Julle gaan na Kanada om die Suid-Afrikaanse vlag hoog te hou en jul ervaring en kameraadskap met kollegas van ander Kanadese provinsies te deel om huise, lewens, ondernemings en plantegroei te red.”

Creecy het gesê haar departement is trots op die feit dat Suid-Afrika weereens Kanadese brandbestrydingspanne kan bystaan in hul stryd om veldbrande onder beheer te bring. “Die omvattende ervaring en opleiding van dié brandbestryders sal die pogings verskerp om die brande in Alberta doeltreffend te onderdruk en te bestuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Waarom ·

Kan nie glo hul stuur weer Suid-Afrika spanne na Kanada. Hulle het laas gestaak vir hoër lone in Kanada. Wonder of hul weer sal staak ipv brande te bestry.

TheSnake ·

Hulle gaan nie reg kom nie. Suid Afrikaners weet hoe om brande te stig, nie uit te sit nie.

George ·

Hoekom sal hulle? Is dit n nationale ramp, waar hul beloning gaan kry vir die werk wat hul doen? Want n weghol vuur is teen almal, en nie net teen 1 bevolkings groep nie.

George ·

Barry, jy bly in SA, hoekom beskerm jy nie waar jy kan nie, of dra by tot hul GPF nie?

Hennie Biebouw ·

Daar word tans baie vrae in Kanada gevra oor die ontstaan van al die skielike brande. Satalietbeelde wys bv hoe brand in Qubec almal teggelyk ontstaan. Alberta het bv ‘n 175 brande waarvoor daar geen verklaring is nie, bv geen donderweer en storms in die gebied ens. Daar word bespiegel dat die brande die werk van omgewings terroriste kan wees. Op die gewilde videoplatform is daar tans ‘n video wat hierdie teorie in diepte verduidelik.

Frikkels ·

Ek wonder waar die 400 brandweermanne met minimum van 3 jaar ondervinding skielik vandaan kom. In Suid Afrika het die plattelandse gemeenskappe geen maar geen brandweer dienste en selfs nie eers ñ enkele brand bestrydings voertuig nie laat staan nog die brandweer manne. Die regering se prioriteite is bitterlik deurmekaar. Jy kan net iemand anders help wanneer jou eie diens op datum en 100% funksionerend is. Word wkker man! Hulle probeer die internasionale gemeenskap beindruk ten koste van Suid Afrikaners wat sonder die diens moet klaarkom. Hoe werk dit dan nou ou ramkat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.