Tweejarige seuntjie van Noordwes vermis

Klein Tshepang Mathews Malinga. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Noordwes is desperaat op soek na ʼn vermiste tweejarige seuntjie van Mothutlung naby Brits.

Klein Tshepang Mathews Malinga se boeties en sussies het hom Vrydag vir die laaste keer gesien toe hy sy ouerhuis verlaat het. Tshepang verlaat glo gewoonlik die huis om sy ouma, die kinders se voog, te gaan opsoek.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ʼn soektog in die buurt en omliggende gebiede van Moumong van stapel gestuur, maar dit het niks opgelewer nie.

Die polisie vra nou die publiek om hulp.

Klein Tshepang het ten tyde van sy verdwyning ʼn khakigroen trui met ʼn maroen sweetpakbroek en groen en wit skoene aangehad.

Enige inligting oor waar Tshepang hom moontlik mag bevind, kan by die ondersoekbeampte, speur-ao. Suthse by 071 446 3659 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Porseleintjie ·

Tshepang verlaat gewoonlik sy ouerhuis om sy ouma te gaan besoek? Twee jaar oud? Saam wie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.