Tydelike Eskom-hoof aangestel

(Argieffoto: GCIS)

Calib Cassim is as tussentydse uitvoerende hoof van Eskom aangestel.

Cassim is in November 2018 as Eskom se finansiële hoof aangestel nadat hy sedert Julie 2017 in die pos waargeneem het.

Volgens Eskom is Cassim ‘n geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester en het hy ‘n meestersgraad in sakeleierskap.

“Met meer as 20 jaar se diens by Eskom, het sy kwalifikasies en uitgebreide ondervinding vir Cassim ‘n diep begrip en waardering van die Eskom-besigheid en die elektrisiteitsbedryf verskaf, veral met betrekking tot die uitdagings wat die finansiering van bedrywighede en toekomstige uitbreiding van die bedryf in die gesig staar.”

Cassim neem by André de Ruyter oor nadat hy in Desember bedank het. De Ruyter sou tot einde Maart in sy pos aanbly maar daar is Woensdagaand laat in ʼn kort verklaring bekend gemaak dat hy sy pos onmiddellik sal verlaat.

“Ná die sameroeping van ʼn spesiale raadsvergadering Woensdag, het die Eskom-raad en uitvoerende groephoof ʼn gemeenskaplike ooreenkoms bereik om sy kennistydperk tot 28 Februarie aan te pas.

“Die raad het besluit dat daar nie van De Ruyter verwag sal word om die res van sy kennistydperk te werk nie en dat hy dadelik uit sy posisie vrygestel word.”

Dit het gevolg na ‘n onderhoud waarin De Ruyter verskeie skokbewerings oor korrupsie by Eskom gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Martie Smartie ·

Nou wat het mnr Cassim al gedoen om korrupsie te bekamp en beurtkrag stop te sit? Dog ek vra net. Dalk kan daai mbaloela vent vir ons sê

Kokerboom ·

As mnr Cassim so ‘n intieme kennis van binnewerke van Eskom het, HOEKOM het hy sedert 2017 nie die finansiele wanpraktyke aan die kaak gestel?

Truman Burbank ·

Waarom het DR nie sedert 2019 die korrupsie bekend gemaak nie?

Witbaard ·

Lyk nie of hy veel sukses met Eskom se finansies gehad het nie.

Andries ·

My aarde mense. Julle mis di punt. Net n vingerklap en beurtkrag is onder di nuwe leierskap, iets van di verlede. Korrupsie is hier om te bly…

Truman Burbank ·

Ten minste het ons minder beurtkrag gehad onder zoempie. lol

My siening ·

Mabula jy vergeet maklik jou vry vakansies met families op belasting geld so ek dink hou eerder jou groot mond van De Ruyter af jy is een van die korrupte minister’s!

Old no7 ·

Ek stem met al julle kommentaar, as hy dan so vertroud is met wat in Eskom aangaan , hoekom het hy nie ń bydrae gelewer om toestande te verbeter nie. Ook maar net weer bakhand gesit en wag maandeliks vir sy salaris en bonusse. As jy my vrae is dit weereens net kader ontplooing en die nuwe pot lensie sop sal net vir anc gebruik aangewend word. Hoop hulle kry sooibrand….

Piet ·

André de Ruyter maak verskeie skokbewerings oor korrupsie by Eskom en dan kry jy dadelik die trekpas. Dit bewys dat dit baie duidelik is dat hy sy werk probeur doen het maar dat die korupsie so groot is dat hy nie sy werk efektief kon doen nie.

Marthinus Johannes ·

Maar net Nog reeds aangestelde kader wat nou bo aan die leer is. ESKOM is in sy dinges in die regering stel nie belang om dit reg te maak nie want dan is die geldboompie daarmee been.

Andre ·

Hou jou rug veilig Andre. Die korrupte anc gaan jou wil uithaal, jy weet teveel. Oberholser sal ook moet versigtig wees.

Hedda ·

En ‘n rekenmeester gaan AL Eskom se probleme uitsorteer? Asseblief!

Andre ·

Ek dog die grootbaas moet alles weet van die werkinge van die bedryf. Dis dan hoekom Andre laat gaan is. Die nuwe man weet nog minder.

Pieter9 ·

Geoktrooieerde rekenmeester, mooi; hoeveel ongeruimdhede by Eskom het hy blootgelê toe hy daar werksaam was?
Eskom kan nie gered word met die planne van die mafia-staat nie. Dit is die harde werklikheid. Art 6 van die mpy wet gee die ruimte(regs prosedureel/Besigheid ) waarmee ‘n werkbaar alternatiewe operasionele struktuur vir Eskom daargestel kan word. Daar is NIE ‘n ander strategie wat sal werk nie!

Johanna ·

Ha ha. Gedink dit sal een van die vriende wees. Hoekom het hy Dan nooit laat hoor van die stelery NIE mmm??? Nog n “slim” een

domheks ·

Ek dog die nuwe een moet ‘n ingeneur wees…
Nie een wat sommetjies kan maak nie…

Maritza ·

Is dit nou een van hulle kaders wat die waarheid gaan help verbloem?

Oom ·

Eers was die SAL die melkkoei om geld in anders se sakke te kry nou is Eskom die nuwe melkkoei. Die groter kontantvloei by Eskom teenoor die SAL maak dit makliker om reusagtige bedrae te kanaliseer na wagtende sakke.

Elma ·

Welkom by die reeds gesinkte skip, nietemin, geniet jou nuwe salaris.

Hendrik ·

Dit lyk of Cassim Gordhan sal ken en hopenlik nie korrupsie bedmaats is nie.

JohanR ·

20 jaar se diens by Eskom en nog nie een keer sy bek oopgemaak oor korrupsie. Is hy nou wat die ANC sal noem ‘n “safe choice”?

Nie Verbaas ·

Dis reg. Stel n kader sonder integriteit aan wat sy mond gaan hou en die boeke kook. Julle het egter die verkeerde kant van julle lywe gesien met de Ruyter, n man van integriteit wat nie bang is vir die korrupte lafhartiges nie.

Chris ·

Die storie lyn het so pas verdiep. Cassim Gordan kombinasie? Hou die spasie dop.

annie ·

SA is geseënd om so baie uiters bekwame eties-korrekte Indiërs in die land te kon gehê het wat talle male verkeerd gehanteer/-onderdruk was. Gelukkig is tot inkeer gekom met bv ‘n bekwame voorsitter van die SA Rugbyraad wat seker heelparty drieë in sy leeftyd gedruk het of was hy ‘n doelskopper? Help my reg. Ook ons minister van handel/nywerheid/pandemies en die eerbare dame van die vervolgingsgesag. Nou weer die nuwe baas van Eskom; ‘n man deurdrenk van die donker ervarings van die kranklike kragreus. Blaas dood die kerse. Ons lyding is verby!

Papsak ·

Nou kom hier groot stelery hierdie ding is n rekenmeester wat weet hy van krag af zero maar ek daag hom wys wat jy gaan reg kry alles is reeds ten gronde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.