Uitleweringsproses begin vir nog twee Phala Phala-verdagtes in Namibië

Phala Phala, buffels, dollars, diefstal, president, Cyril Ramaphosa, Bela-Bela, hof, bedrog

Froliana Joseph (31) en haar broer Ndilinasho David Joseph (27) Vrydag in die landdroshof. (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag, Limpopo)

Die bal is steeds aan die rol om nog twee verdagtes wat in die buiteland gesoek word aan te keer in verband met die diefstal van duisende dollar op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas.

Die landdroshof in Bela-Bela, Limpopo, het Vrydag, tydens die vlugtige verskyning van ʼn voormalige skoonmaker, haar broer en hul medebeskuldigde, gehoor die uitleweringsproses is nog aan die gang.

Froliana Joseph (31) en haar broer, Ndilinasho David Joseph (27) het tesame met Imanuwela David (39) verskyn.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Limpopo, het Vrydag bevestig verdere uitstel is gegee in die saak om die uitlewering van twee verdagtes in Namibië af te handel.

“Die staat het vir verdere uitstel gevra om die ondersoek af te handel, wat insluit selfoonrekords en videobeeldmateriaal,” sê Malabi-Dzhangi.

Phala Phala, buffels, dollars, diefstal, president, Cyril Ramaphosa, Bela-Bela, hof, bedrog

Inanuwela David (39), Vrydag in die Bela-Bela-landdroshof in Limpopo. (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag, Limpopo)

Die staat voer aan al drie beskuldigdes het in Februarie 2020 op die president se wildsplaas ingebreek en sowat $580 000 gesteel wat in ʼn rusbank in ʼn woonplek versteek was. Hulle staan tereg op aanklag van huisbraak en diefstal.

Volgens die staat het hulle na bewering eers op 8 Februarie 2020 saam met nog ander verdagtes op ʼn ander plaas ingebreek, maar niks gesteel nie omdat dit die verkeerde plaas was. Dit is eers die dag daarna dat hulle glo op die president se plaas ingebreek het.

Froliana het glo voorheen as ʼn skoonmaker op die president se plaas gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

En die grootste Phala Phala skurk is die president van Suid Afrika!

Renier ·

Hoekom hulle vervolg,hulle was seker net honger. Dit is mos ons regering se verskoning.

Karoo ·

Hoekom kruip hulle agter Covid maskers weg… en word toe gelaat om dit te doen, ons wil hulle gesigte sien, sien hoe die skurke lyk.

Otto ·

As hulle so vinnig hierdie uitlewering kon afhandel hoop ek hulle doen dieselfde met Guptas se uitlewering wat nou al lang tand trek!!

Alex ·

Die een verdagte kan in die Uniegebou gevind word. Dalk te hoog op die rang lys en ‘untouchable’ is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.