Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was glo saam met vriende toe hy besluit het om in die rivier te swem. “Hy het in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn.”
Paramedici van die provinsiale nooddienste, Netcare 911 en die polisie se duikeenheid is na die toneel ontbied. “Die duikers het die man se liggaam in die water gevind en hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”
Volgens Mathe het die man omstreeks 13:30 verdrink en is sy liggaam omstreeks 16:00 gevind.
Opskrif moer eerder wees: Uitstappie saam *met* vriende einding tragies.
Ai dis so verskriklik hartseer.
Moet opskrif nie lees “Uitstappie saam MET vriende…”?
Ag vader tog wat gee jul om oor opskrif hoe dit moet wees dis kleinlik. Iemand is dood.