Uitstel vir SAL-werkers oor skeidingsooreenkomste

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Werkers by die beleërde Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het nou verdere uitstel tot 1 Mei gekry om hulle afleggingsooreenkomste wat die redery se sakereddingspraktisyns voorgestel het, te onderteken.

Luidens ʼn brief van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, is met die sakereddingspraktisyns ooreengekom dat die spertyd tot Vrydag uitgestel word. Werkers moes aanvanklik op 24 April die ooreenkomste onderteken het, maar die spertyd is tot vandag aangeskuif.

Die SAL is laat verlede jaar in sakeredding geplaas.

Vrydag het die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse vereniging vir kajuitpersoneel (Sacca) gesê hulle oorweeg om die hof te nader om die sakereddingspraktisyns te laat verwyder. Hulle eis ook dat die praktisyns verantwoording doen van die miljarde rande wat hulle tot dusver gekry het om met ʼn omkeerplan vir die lugdiens vorendag te kom.

Die sakereddingspraktisyns het vroeër vandeesmaand gesê die lugdiens sal ná 30 April nie meer sy werkers kan betaal nie. Die regering het hulle ook in kennis gestel dat hy nie meer geld vir die lugdiens sal gee nie en die enigste opsies wat oorbly is om die lugdiens te sluit of te likwideer.

ʼn Kollektiewe ooreenkoms is op 17 April aan alle vakbonde en nievakbondverteenwoordigers voorgelê en die sakeredders het aanvanklik tot 24 April tyd gehad om ʼn ooreenkoms te bereik.

Die sakeredders het gesê die lugdiens is al vyf maande in sakeredding en dat die R5,5 miljard finansiering wat in dié tydperk ontvang is, reeds teen Maart opgebruik was.

Daar is op 9 Maart ʼn artikel 189-kennisgewing uitgereik waarin alle vakbonde en werknemers in kennis gestel is van die lugdiens se voorneme om met afleggings te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Deon ·

Kan iemand nie nou maar die dooie perd begrawe nie asseblief.

Burgermeester ·

Ek is nou nie met die helm gebore nie, maar ek sien ‘n paar vakbondleiers gaan in die toekoms in hulle hande huil omdat hulle ‘n gedeelte van hulle inkomst gaan verloor. Dit sal ook van die werkers ‘n les wees om nie na vakbonde te luister wanneer dit by salaris geskille kom nie.

Willem ·

Indien die unie nie wil bes gee nie gee die SAL verniet vir hulle

Rodger17 ·

Werkers van SAL en unies,kom nou oor dit asb!Almal het saam soustrein gery nie net topstruktuur nie.Unies jul verloor duisende of dalk miljoene aan ledegeld bydraes,maar jul het soustrein ook goed gery!Kom klaar met jul gewone salarisse soos die publiek moet klaarkom sonder werk en besnoeide salarisse.Een of ander tyd ontspoor die soustrein!

marius ·

Dit is alles as gevolg van gulsige verorberaars . Die vakbonde weet presies wie die spul is en kan hulle sivielregtelik aanspreeklik hou namens die wat sonder werk sit .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.