Uitwerking van inperkingtrauma steeds tasbaar in klaskamers

Onderwysers van regoor die land het vandeesweek bymekaar gekom vir die SOS-kongres. (Foto: Marlien van der Westhuizen/SOS)

Die trauma van die Covid-19-inperking vloei steeds deur klaskamers oor Suid-Afrika heen en ’n benadering van begrip is nodig om dié trauma op die regte wyse te verwerk.

“As jy nie jou eie snellers verstaan nie, gaan dit later weer opduik in hoe jy reageer en jou emosionele reguleringsvermoë.”

Só sê Elize Thirion, ’n traumaberader, oor die uitwerking van die trauma van die inperking tydens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se 10de nasionale onderwyskongres.

Sy verduidelik dat Suid-Afrikaners dikwels, tot hul eie nadeel, trauma as’t ware onder die mat invee.

“Alles gaan mos altyd goed. Niks is só erg nie.”

Indien volwassenes kinders wil bystaan met die verwerking van trauma, is dit noodsaaklik om self te verstaan waar hul eie trauma vandaan kom.

“As jy weet hoe jy reageer wanneer jy skrik, sal jy weet hoe om sekere omstandighede te verstaan.”

Een van die belangrikste stukkies gereedskap wat gebruik kan word om trauma te ontlont, is die verwerking van dít wat sensories ervaar is tydens die trauma.

“As jy nie jou eie trauma verwerk nie, gaan dit later opduik. Jy moet ná die trauma kan uitpluis wat jy geproe, gesien, gehoor en gevoel het. Jy sal dan weet wat jou eie snellers is en hoe om dit te hanteer.”

Wanneer ’n ouer of onderwyser hulself en hul eie reaksies op trauma verstaan, vermy hulle onafwendbare uitbarstings wanneer hulle sensories oorweldig raak.

Leerders sit steeds met onbeantwoorde vrae, onverwerkte trauma en ongereguleerde emosies wat gepaard gaan met die inperking wat hul lewe onherroeplik verander het.

“Stel jou net voor: ewe skielik word een van jou ouers siek met hierdie onsigbare siekte. Hier kom ’n ambulans en kom haal jou pa of ma by die huis. Jy kan nie gaan kuier nie, jy hoor net nou en dan dat dit sleg gaan met jou pa of ma. Dan kom die nuus: jou ouer is op sy of haar sterfbed. En daar is hy of sy weg, vir ewig.”

Die Afrikaanse onderwysgemeenskap het die week bymekaargekom vir die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se tiende nasionale onderwyskongres. (Foto: Maroela Media)

Thirion het tydens die bespreking benadruk dat kinders dit nie net nodig het om rasionele gesprekke oor dié soort trauma te voer nie, maar ook moet sien hoe die volwassenes in hul lewe trauma hanteer en dat daardie einste volwassenes toegerus moet wees met die nodige gereedskap om enige trauma-omstandighede te kan hanteer.

Trauma moet ook nie geringskat word nie, ongeag persoonlike menings daaroor.

“Die oomblik dat jy vir mense sê dat dít wat hulle beleef nie so erg is nie, kniehalter jy hul verwerking van trauma.”

’n Volwassene wat ’n kind met trauma na die speelterrein toe stuur wanneer hulle daaroor probeer gesels, veroorsaak ongetwyfeld dat ’n stuk vrymoedigheid verlore gaan.

Thirion verduidelik verder dat daar duidelik onderskei kan word tussen ’n kind wat sommer net ’n woedeuitbarsting kry en ’n kind wat bloot emosioneel oorweldig is.

Sy het ook benadruk omdat trauma gewoonlik lei tot fokusprobleme, moet onderwysers ingestel wees daarop om versigtig wees om kinders onder die vaandel van aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS, of in Engels ADHD) in te gooi.

Daar is sekere praktiese metodes wat volwassenes kan gebruik om kinders, van oud tot jonk, te kalmeer wanneer emosies begin oorborrel.

Asemhalingsoefeninge, rek-en-streksessies, borrels blaas en om water te drink kan help om rustigheid teweeg te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Casper ·

Alles wat deesdae met kinders gebeur veroorsaak trauma.In my tyd was daar nie berading vir slegte ervarings nie.Dasr was niemand geboelie nie en daar was niemand met messe gesteek of doodgeskiet nie.Een matrikulant het eendag met ‘n onderwyser gesukkel en laggenderwys is die geveg na skool buite die skoolterrein sfgehandel.Nou gaan alle geweld by skole op covid se skouers gepak word want dit veroorsaak trauma snert man.

Gaitsigubib ·

Ek hoop die les wat hulle leer is dat elke persoon vir hom self moet besluit watter maatreels hy wil volg. As jy teen cdc aanbevelings in glo dat n masker werk dan moet jy hom dra as jy wil, maar los die ander in vrede as hulle nie die pes ding wil dra nie. As jy n ent wat ‘n eerste wat ‘n eerste in sy soort is, in n rekord tyd vervaardig is en van beemurg van “ongesonde” oorsprong vervaardig is wil kry, vat hom dan. Jy hoef nie eens te praat van newe- effekte nie, maar los die ander wat dit nie wil doen nie in vrede.

piet ·

Het die inperking ons lewe onherroeplik verander? Rerig? Die inperking was nodig, get over it.

Michael ·

As jy alles verloor het agv die bose inperking sal jy anders praat

VaalDonkie ·

Nodig vir wat? Dis net ons handjievol middelklas burgers wat ingeperk het. Die werkersklas en die regerende klas het gepaartjie as of niks verander het nie.

Antie Sarie ·

Dalk het jy dit nodig gehad. Normale mense kan vir hul self sorg.

Casper ·

Ek stem met jou volkome saam.Due virus moes beveg word met alle middele tot die staat beskikbaar en dit sluit inperkings,maskers,afstande en die verbod op byeenkomste in.

VaalDonkie ·

As dit waar was, sou die ministers nie gepaartie het terwyl ons vir twee jaar gehok was nie. En die mense in die plakkerskampe sou al almal dood wees.

Marcello ·

Dit is juis oor daar nie berading gegee was toe ons as kinders trauma beleef het nie, dat daar vandag so baie volwassenes is wat ingee, toe ons groot geword het, moes jy maar net “cope” en klaar. Later in my lewe het ek besef, my dade het die oorsprong gehad, van trauma wat ek nie verwerk het nie. Die oomblik toe ek berading kry, het ek bv. eers besef, ek het nooit my Vader se dood verwerk nie, en dit was 41j later. En ek wil net sê: Daar was defnitief boelies toe ek groot geword het.

VaalDonkie ·

Definitief. “kom oor dit” is al wat jy hoor. Ek kan tot vandag nog nie na ‘n partytjie gaan waar mense hard praat nie want dit bring my dadelik terug na die jare toe my stiefpa my ma geslaan en op haar geskree het. Iets wat my moet plesier verskaf maak my eintlik ongemaklik en aggressief.

En dan kry jy mense wat seg “Ek het al daai goed deurgemaak maar ek is nou oukei” terwyl hulle die eerste is om vuiste uit te pak as ‘n vreemde ou met ‘n groter bakkie by die jol aankom. Nee, jy is nie oukei nie. Jy het issues.

Robert ·

Inperking was en is ‘n gruwelike skending van regte en moet nooit weer toegelaat word nie.

Antie Sarie ·

Al wat die inperking bereik het, was om vir die elite te wys hoe om maklik mense te beheer. Toilet paper moments

Frank John ·

Lewe het verander, mense word sag groot, kop doktors skep nuwe siektes en oplossings en waneer hul die wat hul het holrug gery het ontdek of dink hulle nuwe een uit.

Swerwer ·

Ongelukkig was daar nie tyd vir trauma en emosionele uitbarstings toe ons kinders was nie. Ons ouers het ‘n sterk hand op ons gehad en jy het nie teruggepraat nie en nog minder vir jou ouers vertel/voorgeskryf hoe dit in die huishouding sal werk. Jy is geleer om te werk en omstandighede buite jou beheer te verwerk. Jou boude het gebrand as jy nie geluister het nie. My kinders is op dieselfde manier opgevoed en vandag kan ek met trots sê dat werkgewers en publiek my al gekomplementeer het oor my kind en vandag is sy 1 van die beste Mammas wat ek ken. So ja, liefde, ondersteuing en bystand van ouers, familie en onderwysers/onderwyseresse dra by hoe ‘n kind trauma verwerk.

Perdeby ·

Ag asb watteer trauma??? Dan is dit net so traumaties vir al die Dr’s en verpleegpersoneel wat die heel dag in teater moet werk met maskers!!! Ek hoop nie julle moet nou trauma berading vir die verskriklike traumatiese berig wat julle geplaas het nie.

VaalDonkie ·

Kinders se verwysingsraamwerk is anders. En hulle vorm nog hul persoonlikheid deur na emosies te kyk. Jy kry dit nie met ‘n masker aan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.