UJ betaal R311 miljoen aan NSFAS terug

Universiteit van Johannesburg. (Foto: Aurobindo Ogra – Eie werk. via Wikimedia Commons)

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die Universiteit van Johannesburg (UJ) se terugbetaling van R311 miljoen aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) verwelkom. Dié geld is volgens die eenheid van 2016 tot 2021 egter aan geen student toegewys nie.

Die SOE sê die geld is toegewys aan studente wat vir finansieringshulp gekwalifiseer het, maar óf van instelling verander óf gederegistreer het. Die NSFAS-geld bly as ʼn reël ʼn jaar lank in die besit van die betrokke instelling aan wie NSFAS dit betaal het.

Die invordering van die geld is deel van die SOE se breër ondersoek na NSFAS ingevolge ʼn proklamasie van pres. Cyril Ramaphosa in Augustus verlede jaar.

“Die betaling deur UJ bring die algehele bedrag wat sedert die aanvang van die ondersoek van hoëronderwysinstellings ontvang is, op R349 miljoen te staan.

“Die SOE moedig alle hoëronderwysinstellings aan om na vore te kom en nietoegewysde fondse terug te betaal.”

Die SOE sê geld wat nie toegewys is nie, moet aan die einde van elke jaar aan NSFAS terugbetaal word.

ʼn Ondersoek deur die eenheid het egter onthul dat NSFAS versuim het om kontroles te ontwerp en in te stel wat sou verseker dat daar elke jaar ʼn rekonsiliasie gedoen word tussen die geld wat aan universiteite betaal is, en die lys van geregistreerde studente wat uitbetalings van NSFAS moet ontvang.

Om dit reg te stel, het NSFAS onlangs ʼn diensverskaffer aangestel om hom te help om hierdie rekonsiliasieproses te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

domheks ·

LEKKER MAN! Geen verantwoordelikheid oor die fondse nie. Net in SA!

Jaco ·

Die universiteit en NSFAS behoort albeo aan die staat, so eintlik skuld die staat geld vir die staat. Hoe absurd.
Lyk my die ANC het NIKS tydens hulle ballingskap jare in kommunistiese lande in Europa geleer nie. Party en staat was EEN daar. Goed soos in dié berig sou nooit daar gebeur het nie.
En net terloops: daardie kommunistiese lande, veral die Sowjetunie, Oos-Duitsland, Pole en Hongarye, was ook SONDER goed soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys standaarde
Min of geen munisipale dienslewering
En en en
Daardie lande was VEEL beter as die huidige SA

Harley Davidson ·

Ek dink RAU moet van die geld gebruik om hom weer op standaard te kry soos in die laat 80,s vroeë 90,s toe dit ‘n spog plek was.

Leon ·

Baie dankie , nou nog net die 6 Miljard wat aan 40 duisend studente uitbetaal is wat nie gekwalifiseer het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.