UJ en polisie stamp koppe oor betogingstatistiek

Argieffoto van betogings in Suid-Afrika Foto: channelstv.com

Argieffoto van betogings in Suid-Afrika Foto: channelstv.com

ʼn Navorsingspan van die Universiteit van Johannesburg (UJ) het bewerings deur die polisie ontken dat hy inligting gemanipuleer het in ʼn poging om ʼn begrotingsverhoging vir onluste-beheer te verhoed.

Dit kom nadat UJ se navorsingseenheid vir sosiale verandering verlede week gesê het die polisie wend sy eie statistiek op ʼn misleidende wyse aan om meer geld vir openbare-orde- polisiëring te ontvang. Die navorsingseenheid het Sondag gesê hy hou by sy oorspronklike bevindinge in die verslag.

Die polisie het egter in ʼn verklaring gesê die navorsingspan se bevindinge was ʼn “doelbewuste en verwronge interpretasie van ons voorlegging aan die portefeuljekomitee vir polisie”.

Volgens die verklaring het die “doelbewuste misinterpretasie van feite” ten doel om die navorsers se mening te ondersteun dat die polisie nie by die bestuur van onluste betrokke moet wees nie. “Die inligting is duidelik gemanipuleer om hierdie siening te ondersteun,” lui die verklaring.

Die polisie voer aan sy begroting vir openbare-orde-polisiëring moet van R2.7 miljard na R3.3 miljard verhoog word en hy het ʼn voorlegging in hierdie verband aan die parlementêre portefeuljekomitee gedoen. “Die motivering vir die addisionele befondsing is nie net addisionele kapasiteit om skare-beheer gedurende gewelddadige betogings toe te pas nie, maar ook vir skare-bestuur in die algemeen,” het die polisie gesê.

Die aanvanklike verslag deur UJ was geskoei op ʼn studie en analise van 150 000 skare-voorvalle wat deur die SAPD aan die navorsingseenheid voorsien is. Die voorvalle is in “vreedsame voorvalle” en “onluste” verdeel. Die vreedsame voorvalle het ongeveer 90% van die aangemelde voorvalle uitgemaak, terwyl onluste die oorblywende 10% behels het.

“Ons is bekommerd oor die SAPD se reaksie op die analise van die data wat onlangs deur die SAPD se voorval-registrasie-inligtingstelsel uitgereik is. Ons weerlê hul verdraaiing van die analise soos in ons verslag vervat,” het UJ gesê.

Volgens die UJ-navorsingsverslag sal die R3.3 miljard wat op openbare orde polisiëring bestee word, genoeg wees om 200 000 huise teen R150 000 elk te bou.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Lappop jy slaan die spyker op die kop. Indien hulle met skerppunt ammunisie gepeper word sal daar nie eers n begroting opgestel hoef te word nie. Hierdie klomp demanders kos ons land miljoene en hulle het nie n benul waar die geld vandaan kom nie . Hulle is bloot bakhand verbruikers wat weinig positiewe bydraes lewer in die NSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.