UKKSA sê oor sepie-rasgeweld wat skok

Sechaba Moloi-Matabane vertolk deur Motlatse Mafatshe (Foto: Facebook)

Die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) het Woensdag ten gunste van die gewilde SABC 3-sepie Isidingo beslis nadat talle kykers dié sepie weens ʼn omstrede toneel van rasgeweld verkla het.

Aanhangers is hewig ontsteld nadat dié sepie vroeër in Mei ʼn episode uitgesaai het waarin twee wit Afrikaanse mans ʼn swart man aanval en lewend begrawe.

In die episode wat op 26 April uitgesaai is, het dié twee mans die karakter Sechaba Moloi-Matabane ʼn “bobbejaan” genoem nadat hy hul eiendom betree het. Sechaba, gespeel deur Motlatse Mafatshe, se karakter besoek sy pa se graf voor hy deur die wit mans op hul eiendom betrap word. Hulle noem hom dan ʼn “bobbejaan”, slaan hom en begrawe hom lewend.

Maroela Media het vroeër berig duisende aanhangers het hul stem by dié debat oor rassisme op Facebook gevoeg, en ʼn petisie is onder meer begin om Isidingo te beboet vir dié uitbeelding van rassisme.

UKKSA het egter Woensdag in ʼn verklaring gesê die liggaam het die betrokke episodes hersien en bevind dat die openbare uitsaaier nie in stryd is met klousule 4 (1) of (2) of enige ander klousule van die UKKSA-gedragskode nie.

Die mans wat Sechaba Moloi-Matabane aangeval en begrawe het (Foto: Facebook)

Sumaya Petersen Mogola, woordvoerder van die sepie, het vroeër aan Maroela Media gesê dit was vir die skrywers van belang om “belangrike kwessies waarmee ons daagliks in Suid-Afrika te doen het” aan te pak.

“Dit is iets waaroor ons moet praat, omdat ons rassisme elke dag in die gesig staar,” verduidelik Petersen Mogola. “Dit maak nie saak of jy wit of swart is nie, almal word steeds deur rassisme geraak en dit help nie ons skram weg van die kwessie nie.”

“In die verlede kon ons al suksesvol daarin slaag om ander kwessies te takel soos verkragting en geweld, maar dit was dié keer belangrik om rassisme ook te bespreek – en om ʼn storielyn te skryf soortgelyk aan ʼn voorval wat al in Suid-Afrika plaasgevind het.”

Petersen Mogola verwys na Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk en hom lewend wou begrawe. Die twee mans is aanvanklik van ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla en sal van 26 tot 29 Junie verhoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

52 Kommentare

jongste oudste gewildste
S

Want dit is al kant van rassisme wat tel in die land ………

EQV

Ek wil al KOTS as ek die snet lees,nou probeer die UKKSA die goed praat,maar toe asb,wys op n ‘sepie’ die moorde op boere,verkragting van boere vrouens,moorde op kinders van boere,met al die geweld en genot wat die ‘die goed’ kry deur onskuldige mense dood te maak,,sal graag wil sien hoe die UKKSA dit goed praat soos in die berig hierbo,hulle hamer die heeltyd op rasisme ens,,maar gaan vee eers voor jou eie deur voor julle sulke snert kwyt raak!,die land en regering het dubbele standarde deur en deur,,’hulle’ mag mos nie as rasisme geklasifieer word nie,,net ons blankes is… Lees meer »

Will i am

Ja laat hulle ń plaasmoord inskryf. Dit is ook dinge wat daagliks gebeur

sis duda

great stuff. met ander woorde die skrywer was swart wat ook maar wys hoe hy /sy aan hulle eie mense dink. willem oostehuizen en theo martins jackson ek bid vir julle. in hierdie stukkende land van ons is daar geen geregtigheid vir n wit mens nie.

TM

Hulle praat van ‘N voorval wat hierdie storielyn regverdig. Wat van die TALLE gevalle waar boere mishandel en vermoor word? En dan sê hulle dit is waarmee ons daagliks te doen het. Nonsens man, boere word amper elke dag vermoor. En dan verwag die SABC ek moet lisensiegeld betaal om hierdie bog op die tv te kry.