Unisa kry eerste vrouerektor

Prof. Puleng LenkaBula (Foto: UFS)

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het sy eerste vrouerektor en -visekanselier sedert die universiteit se stigting 148 jaar gelede, aangekondig.

Prof. Puleng LenkaBula sal met ingang van 1 Januarie 2021 die leisels as rektor en visekanselier van die universiteit oorneem. Haar aanstelling is Donderdag tydens ’n spesiale raadsvergadering goedgekeur.

“Die eenparige besluit van die Unisa-raad volg op ’n streng keuringsproses om die pos te vul, insluitend die nodige oorweging en aanbeveling van kandidate deur die uitvoerende komitees van die senaat en die institusionele forum,” sê Tommy Huma, woordvoerder van Unisa.

“Hierdie aanstelling is ’n verdere getuienis van die verbintenis van die raad tot die transformasieprojek wat hy deur die jare meedoënloos in die universiteit bestuur het. Die raad wil ook die demografie van die land en geslagsbemagtiging weerspieël.”

LenkaBula is tans viserektor: institusionele verandering, studentesake en gemeenskapskakeling aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Sy het uitgebreide bestuurservaring in hoër onderwys.

Sy was voorheen die studentedekaan by Wits waar sy ook ’n lid van die visekanselierskantoor (VCO) en die senior bestuurspan was.

Sy het al by verskillende instellings bestuursposisies beklee, onder meer by Unisa waar sy ’n suksesvolle termyn as studentedekaan gehad het.

“LenkaBula is ook ’n internasionaal gerespekteerde geleerde wat al wyd gepubliseer het. Sy dien ook as raadslid in plaaslike ekonomiese en akademiese instellings, insluitend die Raad vir die Ontwikkeling van Sosiaalwetenskaplike Navorsing in Afrika (CODESRIA).”

Volgens Huma is die raad van mening dat LenkaBula se aanstelling ’n positiewe toekoms vir Unisa inhou.

“In prof. LenkaBula het ons ’n leier van die regte kaliber aangestel wat studentgesentreerd is en ons institusionele visie van dekolonialiteit en transformasie, kennisproduksie, innovasie en die bevordering van die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika, Afrika en die wêreld deel, veral tot voordeel van Afrika.

“Die raad verbind hulle daartoe om haar die nodige ondersteuning te bied om te verseker dat sy daarin sal slaag om die instansie se visie van transformasie en uitstekende dienslewering na ‘n volgende vlak te neem.”

Die raad het ook besluit om die ampstermyn van die huidige rektor en visekanselier, prof. Mandla Makhanya, te verleng vir ’n tydperk van vier maande nadat dit aan die einde van die jaar verstryk. Hy sal dus tot April 2021 nog werk om die oorgang van dié leierskapposisie geleidelik te laat geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Stefan ·

Transformasie projek, hierdie stelling laat dit onmiddelik lyk of sy op meriete nie die job sou gekey het nie.
As sy wel deur kundigheid die werk verdien het sou ek as ek sy was ernstig kapsie gemaak het teen die stelling wat haar nou minderwaardig laat lyk.

Nici ·

Hoop sy kan Unisa weer eersteklas maak want hulle is hopeloos.

Cornelius ·

Sy gaan UNISA red. Sal maar sien wat sy sal van die BEEE dooie hout aanstellings ontslae moet raak wat problematies gaan wees.

J ·

Enige iets is beter as ‘n Swart man van Zimbabwe … soos by UP?

Uit ‘n bevolking van 57 miljoen mense kon UP nie ‘n geskikte SAner vind om aan te stel as rektor nie.

Dis ‘n skande dat UP nie eers uit hul EIE graduandi ‘n geskikte rektor kon vind nie?

Laat mens wonder!

Frederik C ·

Mooi !! Hopelik kom die prys van antwoordstelle nou af.

Hennie J ·

Enigiets is beter as die status quo. Die tyd sal leer of dit net weer n aanstelling is om die BEE punte te verbeter en of dit n meriete aanstelling was. Intussen sterkte aan unisa en my vertroue dat die aanstelling sal meebring om die eers trotse instelling te laat herleef, ook ten gunste van Afrikaanse studente.

Gert Johannes ·

Jare gelede al begin om sertifikate uit te deel en om poste sonder verdienste aan te bied. Nog meer nuttelose grade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.