Unisa-studenteleier geskors oor seksklag

Die Unisa-kampus in Pretoria. (Foto: Gauteng-toerisme)

ʼn Klag van seksuele teistering is teen die president van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se studenteraad ingedien.

Volgens Tommy Huma, woordvoerder van Unisa, is daar aanvanklik ooreengekom dat die slagoffer én die president deur middel van ʼn informele bemiddelingsproses die uitdaging probeer oplos. Die slagoffer het die universiteit egter onlangs in kennis gestel dat sy haar deelname aan die proses onttrek en versoek dat formele dissiplinêre stappe gedoen moet word.

“Die universiteit het tot hierdie versoek ingestem en ʼn dissiplinêre verhoor is vir 15 November vasgestel,” bevestig Huma.

Die president is intussen geskors totdat die saak afgehandel is.

“Die universiteit sal verseker dat hierdie saak so spoedig moontlik afgehandel word en verseker dat alle ingrypings aan relevante wetgewing en beleid voldoen. Ons verseker ook dat die saak sensitief hanteer sal word.”

Die universiteit het die nodige berading vir die slagoffer gereël.

“Hoewel die universiteit nie sulke gevalle in die openbare domein bespreek nie, verseker hy altyd dat toepaslike stappe gedoen word teen enigiemand wat skuldig bevind word aan ernstige wangedrag soos seksuele teistering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Baardman ·

Word nie in die openbaar bespreek nie want dit word onder die mat ingevee, volgens ANC protokol.

Chris dupreez ·

Duidelik probeer om dit toe te smeer ten koste van die slagoffer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.