UV bevind dosent se lesing was nie haatspraak 

Dr. Pedro Mzileni (Foto: @PedroMzileni/X/Twitter)

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) kon geen bewyse vind dat sy dosent dr. Pedro Mzileni studente aan haatspraak blootgestel of hy hom aan wangedrag skuldig gemaak het nie.

AfriForum Jeug het in Augustus ʼn klag van rassisme teen Mzileni by die Menseregtekommissie (MRK), asook by die UV, ingedien.

“Die UV bevestig weer dat hy akademiese vryheid onomwonde ondersteun en dit sal beskerm en bevorder, aangesien dit noodsaaklik bly vir intellektuele groei in die strewe na kennis; die universiteit ondersteun ook al ons akademiese personeel om hierdie deurslaggewende aspek van hul werk na te streef,” het Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, gesê.

Tydens die lesing op 25 Julie het Mzileni stellings kwytgeraak soos: “The children of white people today, employing your children and subjecting them to animal treatment”.  Nog voorbeelde van sy uitlatings lui: “No other people are subjected to cruelty like black South Africans,” en “South African white people are chilling on the back of you. You are suffering… You are not the same.”

Die MRK is nog besig met sy ondersoek nadat hy op 20 September bevestig het dat hy die saak gaan ondersoek.

Louis Boshoff, woordvoerder van AfriForum Jeug, het gesê die organisasie is teleurgesteld dat UV hierdie soort spraak en gedrag duld. “Dit is nie maar ʼn dosent se private bespiegelings wat in die naam van akademiese vryheid verdra moet word nie, dit is in ʼn amptelike lesing gestel, en die instelling verwag dat studente hierin onderrig moet word om ʼn kwalifikasie te bekom.”

Dit is volgens Boshoff duidelik dat die UV nie meer ’n plek is waar wit en Afrikaanse studente welkom is nie. “Ouers moet besin of hulle hul kinders wil stuur na ’n universiteit wat nie hulle kinders se waardigheid wil beskerm teen ’n rassistiese dosent nie. Net omdat die UV dit as aanvaarbaar beskou, beteken nie die samelewing behoort haatlike spraak te duld nie.

“AfriForum Jeug leef nie in Mzileni se hartseer wêreld waarin velkleur die enigste en ewige bepaler van skuld en onskuld is nie. Ons leef in die regte wêreld waar elkeen geoordeel word aan sy eie dade en op grond daarvan skuldig of onskuldig kan wees.”

Mzileni het intussen in reaksie op die uitkoms van die ondersoek gesê dit het nou ʼn einde gebring aan ʼn “amper ses maande lange fiksie wat gebou is deur gesiglose regse wit rassistiese organisasies tesame met hul propagandapamflette wat hulself as media voordoen”.

“Dit is hul desperate pogings om die leer van die geskiedenis stil te maak oor die wreedhede wat hier en oor die wêreld teen swart mense gepleeg word deur wit koloniseerders, wat voortgaan om voorregte te geniet wat verkry is uit onuitspreeklike misdade teen die mensdom.”

Volgens Mzileni sal die onderrig van hierdie tipe inhoud voortgaan soos voorgeskryf in die universiteitskurrikulum. “Ek nooi alle ander eendersdenkende dekoloniale geleerdes wat toegewyd is aan die bevryding van Afrika en haar mense om nooit afgeskrik te raak van hierdie generasie-missie nie.”

Hy het die voorval en die gebeure wat daarop gevolg het as waansin beskryf. “’n Waansin wat so vasbeslote was om my professionele aansien te skend wat jare se harde werk geneem het om op te bou, insluitend fisieke materiële skade aan my en my gesin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico ·

Wat gaan die regering daaraan doen, gaan dit ooit stop, dit kom net van hulle kant af, dit word ‘n eentonige storie.

Amelia ·

somiges kan ook net se en doen wat hul wil net jammer hy se nie vir studenste hoeveel moorde word gepleeg deur wie en teen wie nie

Christelle ·

Hy het seker ook maar net sy kant gestel, vir sommiges is dit in orde en word hulle uitlatings ge-sugarcoat, maar ander loop sleg deur.

Republikein in die Wes Kaap ·

Slegte nuus dok, vertel vir jou studente dat hul kinders en kleinkinders eendag weer gaan suffer.

007 ·

As dit nou n wit dosent was, was hy sy werk kwyt. Jonathan Jansen het n helhool geskep in Bloemfontein. Omgekeerde rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.