UV-dosent kap terug oor ‘rassistiese’ lesing  

Die Universiteit van die Vrystaat. (Foto: UV/Facebook)

Die bewerings wat teen hom gemaak is, is onwaar en geen lektor behoort so vervolg te word omdat hy bloot sy pligte nakom nie.

Só het dr. Pedro Mzileni, ʼn dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), gesê nadat studente glo gekla het oor sy beweerde rassistiese lesing terwyl hy as gasspreker opgetree het.

AfriForum Jeug het Mzileni by die Menseregtekommissie (MRK) verkla en ook verlede maand ʼn dringende brief aan prof. Francis Petersen, visekanselier van die UV, gerig om te eis dat daar ondersoek ingestel word na Mzileni se lesing in Julie 2023.

Mzileni het op 25 Julie LLB-tweedejaarstudente van Suid-Afrikaanse inheemse reg aan die UV toegespreek oor die tema kolonialiteit, sosiale geregtigheid en konstitusionalisme. Volgens AfriForum Jeug was sy lesing gelaai met ʼn reeks “diep opruiende en bevooroordeelde opmerkings wat rasseverdeling en vyandigheid aanvuur”. Hy het onder meer gesê dat wit mense die vyand is en het na bruin mense en Asiërs as “deputy white people” verwys.

Volgens Mzileni het hy op 14 September aan die ondersoekproses deelgeneem. “Ek het nie sulke opmerkings gemaak nie. Trouens, die mense wat my onderrig-, navorsing-, betrokkenheid- en aktivismelewe die afgelope tien jaar volg, sal weet dat ek oor die algemeen nie eens so praat of skryf nie. Ek het verder vir die ondersoekspan die werklike lesingskyfies wat ek by hierdie betrokke gaslesing gebruik het, my onderrignotas en my gepubliseerde geskrifte gewys.

“Al hierdie akademiese materiaal word voorberei uit streng navorsing en uitgebreide voorbereiding, en al my spreekbeurte as akademikus word gelei deur ʼn sterk teoretiese en praktiese verbintenis tot die dekoloniale wetenskap van die hoogste gehalte.”

Volgens Mzileni het akademici ʼn professionele en ʼn etiese verpligting tot die waarheid. “Kennis oor die algemeen as ʼn onderneming is ʼn pynlike strewe na die waarheid, en dit moet konsekwent in ʼn universiteitsomgewing met strengheid ter tafel gelê word. Wanneer hierdie verpligting beoefen word as onderrig in dekoloniale terme onder dissiplines soos sosiologie, geskiedenis, politieke wetenskap en filosofie, is daar in die afgelope tyd ʼn opkomende houding van sommige wit studente wat hulself persoonlik en hul ongemak sentraliseer in hierdie kennis, en hul leerervarings met hul ouers by die huis deel wat dan met aggressiewe irritasies op ons as dosente reageer. Hierdie gedrag is beledigend, onaanvaarbaar, en dit moet in die sterkste moontlike terme veroordeel word.”

Mzileni meen sy woorde is verdraai en het dit ten doel om hom as akademikus sowel as die onderrig van dekolonisering, geskiedenis en sosiologie as dissiplines stil te maak.

“Ek leer my studente hierdie dinge omdat ek eintlik lief is vir almal van hulle in hul verskillende rasse en nasionaliteite – en ek wil hê hulle moet grootword om veerkragtige en kundige volwasse burgers te word wat produktiewe bydraes tot die groei en ontwikkeling van hierdie land sal lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Spook ·

As twakpraat ‘n kolletjie is, is die rakker ‘n hele trop tarentale.

Porseleintjie ·

Mizileni lees die artikel en sien dan jy praat uit twee monde uit.

Mnr De Beer ·

dr. Pedro Mzilen moet eerder homself met werk besig hou as twak praat. Gaan stamp ID boeke in die department van binne landse sake waar die persoon sy mond kan hou of aan ander kaders kan twak praat.

De Villiers ·

Ek is nou meer oortuig dat hy gesê het waarvan hy beskuldig word as wat ek was voor ek hierdie berig gelees het…

aktivismelewe, verbintenis tot die dekoloniale wetenskap, onderrig in dekoloniale terme, opkomende houding van sommige wit studente wat hulself persoonlik en hul ongemak sentraliseer.

Hierdie woorde bevestig aan my dat hy dit gesê het!

Nettie ·

Jy’s reg, De Villiers. Maar moet ‘seblief net nie dat dit jou “ongemak sentraliseer” nie.
Of wat de dinges dit ookal beteken nie… ;-)

Pieter9 ·

‘Verbintenis to de-koloniale wetenskap’ en “sommige wit studente wat hulself persoonlik en hul ongemak sentraliseer in hierdie kennis en hul leerervarings met hul ouers by die huis deel wat dan met aggressiewe irritasies op ons as dosente reageer” – en dan ‘etiese plig tot die waarheid’; wys hoe die onderrok uithang. Hy voel heeltemal gemaklik om ongetoetste aannames te maak en dan ongekwalifiseerd aan te kondig dat hy die waarheid deurgee – Kandidaat vir EFF en ANC.

Antonk ·

Dis hoe hulle maak.As hulle n klomp twak praat.Dan ontken hulle dit later.

Theresa ·

Ek is verheug dat die studente standpunt in geneem het, daar is natuurlik baie getuies!

Heinrich ·

Maar natuurlik, Penny Sparrow was ook baie lief vir al die polisiemanne wat haar moes beskerm.

Anon ·

Natuurlik moet jy so vervolg word! Wat maak jou uniek dat jý nie vervolg moet word nie? Jy word met dieselfde weegskaal gemeet waaraan die res van lektore gemeet word, veral as hulle blank is! Thula!

Sê maar net ·

Blablabla!!!! Jy probeer nou net vure doodslaan, Mzileni. Skuldig!!!

domheks ·

Hoogere woorde – dink seker ons weet nie wat dit beteken nie! Kry vir jou…

TRP ·

Jy kan die skyfies (powerpoint) deel soos jy wil, almal weet tog dat ‘n aanbieder dit nie woord vir woord aanhaal nie. Ek dink nie ‘n student sal valse beweerings maak willens en wetend daar is nagvolge. Ek gaan nie asem ophou vir die ondersoek maar ek het so spesmaas die man is skuldig.

Nettie ·

Sover ek weet, het hulle opnames gemaak van die dinge wat hy gesê het.

Samuel ·

Nou waar sal Afriforum jeug dan aan hierdie bewerings kom? Hoekom sou hulle lieg??

Jakes ·

Ek sal eerder wil weet hoe hy sy doktors graad bekom het? Sy reaksie op wat hy tydends n lesing kwytgeraak het dui sonder twyfel daaraan dat hy nou ronddans soos n kat op n warm sinkplaat en dat hy beslis deur die MRK ondersoek moet word. Nie almal van ons is tweedejaars studente nie.

Miskien ·

Hedendaagse “sosiologie” is niks meer as die mondstuk van verlinkse ideologieë, met díe wat daarop gemik is om andersoortige sienings te snoer.

JJB ·

Wie lieg? Is daar dalk ‘n klankopname gemaak van die lesing sodat ons kan duidelikheid kry?

Nettie ·

“…verbintenis tot die dekoloniale wetenskap van die hoogste gehalte”
Sjoe, hoeveel teenstrydighede is daar nie in hierdie sin nie?

Wanneer wetenskap gedekoloniseer is, keer ons sekerlik terug tot VOOR die wiel, Newton se wette en sterrekunde? Maar minstens gaan dit “van die hoogste gehalte” wees!
Bwahahahahahaha!! :-) :-) :-)

KB ·

Seker weer Hendrik Boom se skuld (want Jan van Riebeeck was siek in Julie 2023).

madels ·

Hy het nou gekrap waar dit nie jeuk nie…. natuurlik is hy n rassis

OU SAAR ·

Was dit ń wit dosent wat sulke “uitlatings” gemaak het, was hy onmiddellik geskors…

Liewe Lisa ·

En as die rolle omgeruil was, was die Universiteit al aan die brand gesteek en die dosent se kop geëis!

Theresa ·

Wat gesê is, is gesê, en moenie nou gereflekteer word op “aggressiewe irritasies” van ouers nie….take it on the chin, sir.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.