Vaalharts-moorde: Brand-gesin gegroet

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

“Dan, Breggie en Elzabie se lewens moes nie só geëindig het nie. Ek is oortuig daarvan dat dit nie God se wil was nie. Dit was nie God se bedoeling nie.”

Só het ds. Martin Coetzer Donderdagoggend gedurende die roudiens van Dan (83) en Breggie (79) Brand en hul dogter Elzabie gesê nadat hulle onlangs op ’n kleinhoewe in Hartswater in die Noord-Kaap oorval, ontvoer en later vermoor is.

Die roudiens is vanuit die NG-gemeente Noorderharts in Magogong buite Hartswater gehou.

“Dit was nooit God se bedoeling dat die mens hier op aarde se lewe op so ’n oënskynlik sinnelose wyse moes eindig nie. Dit was nie Sy bedoeling dat die mens en die gemeenskap met soveel vrees en geweld gekonfronteer word nie.”

Volgens Coetzer kan die familie en gemeenskap van Hartswater egter ’n mate van berusting vind in die wete dat God in hul hartseer deel. “God staan nie apaties teenoor julle pyn en lyding nie.”

Hy het hulle daaraan herinner dat haat, woede en wraak ’n persoon niks beter as die misdadiger maak nie. “Ons mag die daad vanoggend haat, maar ons mag nooit die persoon wat dit gedoen het veroordeel nie. Dít is God se werk.”

Maroela Media het vroeër berig die Brand-egpaar se liggame is verlede Dinsdag in die omgewing van die Takaneng-nedersetting in Taung in Noordwes gevind. Elzabie se liggaam is vroeër in dieselfde omgewing opgespoor.

Die gesin is vermoedelik al die Sondag ontvoer tydens die aanval op hul kleinhoewe. ʼn Soektog na die Brand-gesin is van stapel gestuur nadat vriende van die gesin by hul huis gaan ondersoek instel en tekens van ʼn struweling en bloed gevind het.

Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) het intussen vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en roof. Vier van hulle het om regshulp aansoek gedoen, terwyl die vyfde, ’n vrou, aangedui het dat sy haar eie regsverteenwoordiging sal kry. Hulle bly in aanhouding tot 13 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Mag die nasbestaandes van die oorledenes weet dat ons Hemelse Vader in die maande en jare wat voorlê altyd naby julle sal wees. Ek kan my nie indink hoe julle moet voel nie maar julle word beslis in ons gebede opgedra.

Pieter ·

:Ons mag die daad vanoggend haat, maar ons mag nooit die persoon wat dit gedoen het veroordeel nie. Dít is God se werk.”

Ons sal tog die streep moet trek, sodat dit moet stop. Ek veroordeel die moordenaars en bid vir verlossing, hierdie is beplande volksmoord.

JohanR ·

Totsien Afrikaanse mense van die grond en die aarde. Kan net dink hoe lekker ek kon gesels het met die Oom, Tannie en dogter as ons daar in die sitkamer gesit het met ‘n koppie boeretroos en ‘n groot hap melktert. Julle het nie ‘n kans gestaan teen daai vyf nie, met moord in hulle oe. Daar is nie ‘n doodstraf in Suid Afrika, maar ons kan net hoop dat nadat hulle gevonnis is dat hulle nooit weer die son op hulle voorkope voel nie, en nooit weer ‘n vol maan sien nie! Hulle het julle lewens en vryheid weg gevat….laat hulle sin weg gevat word. Boere en Afrikaners die tyd is nou om na julle eie, en mekaar se veligheid te kyk. Hierdie goverment gaan dit nie doen nie.

Jr ·

Sorry pastoor stem nie saam met jou want God het Sy mense menige keer gebruik om oorlog te voer. Dit is nou die tyd om ons self en familie en volk te beskerm. Maar soos Dawid sal God saam met ons gaan. Dit is voorspel aan n man wat baie naby aan die Hêre gelewe het – Siener

JohanR ·

Ja nee Jeff hoeveel mal het Siener nie gese die Afrikaner sal weer en weer en weer opstaan. Self uit die gemors en Kommunisme wat die ANC is, sal die Afrikaner opstaan. Ek glo dat die Afrikaner is soos die Jode…..kan water uit ‘n droe woestyn tap, en daai woestyn in ‘n paradys verander.

popsa ·

Baie sterkte aan hierdie drie pragtige mense se dierbares. Julle is in ons gedagtes en gebede…

sterk soos n beer ·

Ja dit was nie God se wil nie dis die duiwel wat alles wil doodmaak en vernietig

Piet ·

Ek moet ongelukkig hiermee verskil. Die duiwel is dan veronderstel om oorwin te wees, hoekom is hy dan nog ‘n faktor? En dit is God se wil dat hulle so gesterf het (al is dit hoe onverstaanbaar).

Werner ·

Wel Dawid het sy vyande gehaat en hy se dit in baie van sy psalms so hoekom kan ons nie ook hierdie spul haat nie.

Toktokkie ·

Ek wil net baie dankie sê aan elke boer en sekuriteits persoon wat gehelp het om hierdie moordenaars vas te trek. Ons is julle ewig dankbaar. Innige meegevoel met die familie. Ons harte is saam met julle in stukke.

Danie ·

En terwyl ons berus en vergewe en nie veroordeel nie en sooo jammer is vir die kriminele omdat hulle so moeilik grootgeword het, beplan die res hulle volgende moord en rooftog en lees ons binne enkele dae weer dieselfde op MM en ander media.
Die vriende en familie moet deur ‘n helse tyd gaan en miskien, net miskien stem hulle nie saam met hierdie draai die ander wang houding nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.