Vaalharts-moorde: Verdagtes weer in hof

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Die vyf verdagtes wat beskuldig word van die opspraakwekkende moord op die Brand-gesin van Hartswater in die Noord-Kaap, het Donderdag weer in die hof verskyn.

Kgomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) het vroeër vandag in die Hartswater-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en roof.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, het aan Maroela Media gesê die saak is weer uitgestel vir verdere ondersoek.

Die verdagtes bly in aanhouding tot 10 Desember wanneer hulle weer in die hof moet verskyn.

Mpumlwana se aansoek om borgtog is in September van die hand gewys terwyl haar medebeskuldigdes nie om borgtog aansoek gedoen het nie.

Dan (83), Breggie (79) en hul dogter Elzabie is in Julie op ’n kleinhoewe in die Vaalharts-omgewing naby Hartswater oorval, ontvoer en later vermoor.

Die Brand-egpaar se liggame is op 28 Julie in die omgewing van die Takaneng-nedersetting in Taung in Noordwes gevind. Elzabie se liggaam is vroeër in dieselfde omgewing opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig die Brand-gesin is vermoedelik reeds die Sondagmiddag ontvoer tydens ʼn aanval op die kleinhoewe. Daar was tekens van ʼn struweling en bloedspatsels in die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

johanf ·

Laat hulle vrot in die selle, al word die saak uitgestel en moontlik weer uitgestel….. Moenie eers tyd mors met borgaansoeke nie…….

JohanR ·

Die mense is nie vermoor nie. Hulle is eers gemartel, en toe vermoor!

Persheks Adri ·

Laat hulle sit! Hulle verdien nie om in die samelewing te wees nie klaar. Hoe vinniger hoe beter ons het nie meer genade vir die kriminele nie. Ons almal is sitting ducks

LiveAndLetLive ·

Tronkstraf in SA is bedoel om misdadigers uit die samelewing te verwyder asook as afskrik middel, dit skrik kriminele in SA egter nie af nie, omrede dit vir hulle eintlik nie n straf is nie – oplossing – kry iets wat hulle afskrik. Dood straf kan werk, jy gaan 2 inspuit of hang en dan is dit verby met hierdie wrede moorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.