Vakbond waarsku oor gevaarlike ‘speletjie’ op treinspore

Argieffoto (Foto: Fotoworkshop4You, Pixabay)

Die nasionale vervoervakbond Untu het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as “ʼn gevaarlike nuwe speletjie” wat kinders op treinspore speel.

“Treindrywers wat op die KwaMashu-roete in KwaZulu-Natal bedrywig is, is baie getraumatiseerd oor kinders in dié gebied wat ʼn gevaarlike speletjie met aankomende treine speel,” het die vakbond Donderdag in ʼn verklaring gesê. Die Spoorwegagentskap van Suid-Afrika (Prasa) het net vroeër die maand Metrorail se dienste op dié roete hervat deur die gebruik van diesellokomotiewe.

“Een van Prasa se werknemers het vir my ʼn video gestuur van kinders wat laggend op die treinspoor voor ʼn aankomende trein sit. Die treindrywer het ʼn waarskuwingsein uitgestuur, maar die kinders het nie gereageer nie,” sê Steve Harris, algemene sekretaris van Untu.

Volgens die treindrywer wag die kinders totdat die trein net ʼn paar meter van hulle af is voor hulle van die spoor afspring. “Dit is baie traumaties vir enige treindrywer. Om ʼn voetganger, en veral ʼn kind raak te ry, is enige treindrywer se ergste nagmerrie,” sê die treindrywer. “As een van daai kinders gly en val terwyl hulle weghardloop, gaan die trein oor hulle ry.”

Harris sê hoewel Prasa en die spoorweë se veiligheidsreguleerder deurlopend gemeenskappe inlig oor die gevare rondom treinspore, daar geen sigbare polisie op dié roetes is nie. “Prasa kan nie eens kriminele afweer wat die spoorweg se infrastruktuur plunder nie, om nie eens te praat van ʼn klomp kinders wat hul lewens in gevaar stel nie.”

Die vakbond het ʼn beroep op ouers gedoen om verantwoordelikheid te neem en te verseker dat hul kinders nie op treinspore speel nie. “Moenie wag tot dit te laat is nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

En as die kind se voet vashaak of hy gly, dan is die treindrywer verantwoordelik vir sy dood.

tweeling ·

Nee Rachel, dis onwettig om op die treinspoor te speel nie net onverantwoordelik nie. Die speletije se naam is “chicken”. Dis nie raar nie dit word al vir dekades gespeel in verskillende dele van die land en die wêreld. Gaan kyk bietjie op youtube hoe treine in Indie en Bangladesh deur die woonbuurte stadig ry met die stalletjies reg langs die spoor.

Lourens CFG ·

Ek verstaan watRachel bedoel, ek het so ‘n paar jaar terug dieselfde gesien op die R300 in Kaapstad.
Kinders staan aan die kant van die pad, sodra motors ‘n sekere distansie van hulle af is, hardloop hulle voor die motor/s oor die pad. Hoe korter hy voor verby hardloop, hoe “groter” is hy.
Die betrokke dag het hulle dit gedoen met motors voor my, ek was 4 de van voor, en het net briekligte, en stukke goed wat deur die lug trek gesien. (Moes ook vrek hard rem en stop)
Die stukke was toe van 2 kinders wat uitmekaar geruk is.
Die mense wat langs die R300 bly wou daardie arme bestuurder wat gestaan en huil het, “Ek kon nie betyds stop nie” het hy oor en oor gesê, aanrand en doodmaak omdat hy kwansuis gejaag het.
Die spoed is 120 km/u, én heinings weerskante vd snelweg, én voetganger brûe. Gelukkig was SAP gou daar.
So, volgens die “buitestanders” is die drywer skuldig.

Andrè ·

Hulle is deeglik bewus van wat hulle doen,niks wat enige iemand sê gaan hulle keer nie,so, wat moet gebeur moet gebeur

katerinadiekat ·

The Darwin Awards. Also known as: Play stupid games, win stupid prizes. Die drywers moet ophou getraumatiseerd voel.

saggiespraat ·

Ons sien en hoor gedeurig van die kinders wat nie bang is om dood te gaan, Nou sit ek myself
in hulle skoene wat nog so jonk is en hoor en weet hulle het geen toekoms in die land, ouers gee op,
onderwysers gee op, nou will kinders ook net gee en ons self het nie eers raad om hulle te help want
wat se ons vir hulle. Nee moennie jong man of vrou julle kan die volgend presedent van die land
raak of n onderwyser of a dokter, maar dus waar al die proebleme le, en hulle sien en hoor dit.

So wat kan ons vir die kinders van vendag se om hoop te gee of REDE te gee as ons slef nie weet
HOEKOM? WAAROM?

koos10 ·

Treindrywers moet asb belê in ‘n go pro of iets soortgelyks. As iemand raak gery word het hulle darem bewyse.

Jakes ·

As kinders nie kan besef dat jy nie n trein aanvat in enige speletjie nie dan moet hulle die gevolge dra.

Danie ·

…en dan sal die treindrywer aangeval en die trein aan die brand gesteek word natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.