ʼn Lid van die Valke in Noordwes is 18 maande tronkstraf opgelê nadat hy R3 700 tydens ʼn wetstoepassingsoperasie gesteel het.
Ao Lucas Mosoane (39) was gestasioneer by die Valke se Tlhabane-eenheid teen georganiseerde misdaad in Rustenburg. Hy en sy kollegas het op 21 April 2017 toegeslaan op ʼn huis op Phokeng, nie ver daarvandaan nie, op soek na dwelms.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder, sê tydens die soektog het een van Mosoane se kollegas gesien hoe hy R3 700 uit ʼn laai in die huis haal en dit in sy sak steek. Hy is op die plek in hegtenis geneem.
Die verdagte het sy eerste hofverskyning op 23 April verlede jaar gehad waarna hy vrygelaat is op R1 000-borgtog. Daarna het hy telkens weer voorgekom totdat hy eindelik Woensdag gevonnis is.
Intussen is hy aan interne tugstappe onderwerp en verlede jaar reeds ontslaan.
Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale Valke-hoof, loof die ondersoekers wat die moed gehad het om ʼn kollega in hegtenis te neem. “Ons eenvoudige boodskap is: Wetstoepassingsbeamptes moet misdaad bestry en dit nie pleeg nie.
“Ons sal nie huiwer om diegene kort te vat wat in die versoeking gelei word om enigsins die wet te oortree nie.”
wetstoepassers? hehehehehehehehehehehehehehehehehehehehehehehe
hahahahahahahahaha noooooooooooooit ek het regtig nou baie lekker gelag.
dankie Petro dit is my denke ook.
hahahahahahahahaha
Welgedaan aan sy kollegas wat hom gevamg het. Kry vir jou.
dankie aan die eerlike manne. Weet nie of dit eerlikheid was of jaloesie nie.
Diewe probeer ons oppas ?
Wat van zuma?????
NET JAMMER DAT SAPD BEAMPTES NIE DIESELFDE OPTREE MET WANNEER DAAR MET OPTOGTE EN ONGELUKKE EIENDOM GEPLUNDER WORD NIE
So daar is ook skelms daar???
1 down 100000 to go. Ja wanneer trap julle vir die Zuma lot. Julle probeer ons aandag aflei met n pettie dief.!!
Waar werf hulle die mense wat veronderstel is om WET en ORDE toe te pas?? Dit is ‘n SKANDE .
Nee wat. Al wie jy kan vertrou is jouself.
Ongelukkig is Wolf die skaapwagter gemaak in hierdie land.
Geloofwaardigheid voor kundigheid… En die res is geskiedenis: SAPD beamptes daag dronk by die werk op, verkrag vrouens in aanhoudingselle, beroof juwelierswinkel (laas week), verloor alewig hul dienspistole, aanvaar omkoopgeld ens ens. Viva regstellende aksie, viva!
R1000 borg laat hom steeds met n baie goeie winsie.