Valskermswewer in Buffelsbaai gered

(Foto: Stephan Rossouw)

ʼn Valskermswewer is Saterdag in Buffelsbaai naby Knysna in die Wes-Kaap gered.

Die valskermswewer het teen die rif net oos van Buffelsbaai vasgevlieg.

Arrive Alive berig die persoon is met ʼn EMS/AMS-helikopter van die Wes-Kaapse departement van gesondheid in Oudtshoorn na George geneem. ER24 het die persoon na die hospitaal vervoer.

(Foto: Stephan Rossouw)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.