‘Valutahandelaar’ vas vir bedrog van meer as miljoen

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Man wat hom as ʼn valutahandelaar voorgedoen en meer as ʼn miljoen rand uit ʼn slagoffer geswendel het, is in die Bloemfontein-streekhof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery.

Johandré Visagie (24) het in Mei 2018 sy slagoffer oorreed om in ʼn beleggingskema met baie hoë wins te belê.

Die slagoffer het later die maand aanvanklik R16 600 en toe weer ʼn R1 miljoen oorbetaal.

Toe geen opbrengs op die belegging na vore kom nie, het die slagoffer begin navraag doen, maar Visagie was skoonveld, het kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het Visagie opgespoor en hy is in Julie 2019 gedagvaar om in die hof te verskyn.

Hy is die afgelope week skuldig bevind op vier aanklagte van bedrog en vier aanklagte van geldwassery.

Hy word volgende maand gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mauritz ·

Reeds in 1557 het ‘n digter genaamd Thomas Tusser geskryf: “A fool and his money are soon parted”. Nou, 464 jaar later, is dit nog steeds waar.

Nico ·

Janee, 24 en klaar krimineel. Dis omdat diesplig opgeskort is dat ons jong manne so verval in misfaad en dwelms. Geen dissipline, geen ruggraat.

Yvonne ·

Sal mense inder ewigheid nie leer nie….gierig vir nog meer en dan het jy niks

pieterweskaap ·

Blaas my siel!

Dit wen my net, dat wanneer sommige mense ‘n paar rand bymekaar het, hulle gulsig word en val dan maklik gladdebek ‘konsultante’ ten prooi wat hulle help om dom besluite te neem.

Na vonnisoplegging gaan die skuldige ‘n paar jaar in die tronk sit en nuwe planne bedink en die belegger loop en wroeg oor sy verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.