Van Coke se eie program eersdaags op die kassie

Francois van Coke op die Stel van Die Van Coke Show. Foto: Facebook via Francois Van Coke.

Francois van Coke, een van Suid-Afrika se geliefde rockers, sal binnekort ook TV-aanbieder op sy CV kan byvoeg. Dít ná kykNET bekendgemaak het dat hy eersdaags ʼn nuwe TV-program op dié kanaal (DSTV-kanaal 144) gaan aanbied.

Suzaan Keyter, kykNET-mediabestuurder, sê Die Van Coke Show is ʼn nuwe speletjies- en geselsprogram waar almal kliphard speel om niks te wen nie. “Saam met bekendes en komediante gaan Francois die draak steek met al die malligheid wat in die wêreld aangaan,” het Keyter in ʼn verklaring van kykNET laat hoor.

Francois is in 2017 deur C-Saw Produksies genader om ʼn televisieprogram vir kykNET te skep. Die formaat van die speletjiesprogram is ontwikkel rondom Francois se passies en belangstellings.

“Die program sluit dus natuurlik ook ʼn musikale element in. Elke week sal spanne teen mekaar meeding in vinnige vraag-en-antwoordsessies en ook lekker skerts oor musiekvideo’s op die internet.”

Van Coke word elke week bygestaan deur spankapteine soos Cindy Swanepoel (Binnelanders), Jonathan (Radio Raps), Solomon Cupido (Mense Mense), Beer Adriaanse (Hotel, Fynskrif) en Quanita Adams (Sara se geheim).

Van sy ou Fokofpolisiekar-kamerade is ook deel van die nuwe TV-avontuur. “Hunter Kennedy en Wynand Myburgh sal agter die skerms saam met die vervaardiger Liebie Opperman en die regisseur Gerrit Joubert werk om vir die volgende dertien weke die blou uit elke Maandag te haal,” het Keyter gesê.

Die Van Coke Show begin Maandag 8 Oktober om 20:30 op kykNET.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jannie ·

Dank VADER dat al wat ek daar kyk, is Nuus, Weervoorspelling en Oppiestoep!! Die res van hulle gemors staan my nie aan nie!!!

Ag ou jannie ·

Ag ou Jannie…niemand gee om nie…en as jy wil suur wees, gaan wees suur in jou hoefie

NouToeNou ·

Regtig ? Mense sal seker maar net kyk omrede hul verveeld is of niks beter het om te doen.

Conrad ·

FPK:

ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè? 
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons s’n nie
huis is waar jou mense is
my mense het nie tuisland nie
wat maak ons nog hier?
hierdie plek is nie ons s’n nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.