VBS-geldwasserysaak binnekort weer in die hof

(Foto: Gulshan Khan/AFP)

ʼn 29-jarige direkteur en haar maatskappy gebaseer in Groblersdal, Limpopo, sal op 2 Maart 2023 weer in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria moet verskyn.

Sy sal by ander beskuldigdes in die saak aansluit op aanklagte van geldwassery.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê ʼn bedrag van R51 000 is na bewering deur ʼn kommissie-agent aan die maatskappy oorbetaal vanaf VBS Mutual Bank. Uit dié oorbetaling is R5 000 oorgeplaas na die burgemeester van die Elias Motsoaledi-munisipaliteit.

Die munisipaliteit het na bewering onwettige beleggings van miljarde rand in VBS gemaak waar die kommissie-agent die geld ontvang het. VBS is intussen gelikwideer.

Maroela Media het vroeër berig die burgemeester is in November 2022 in hegtenis geneem in verband met aanklagte wat met VBS verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jacobus ·

Ons lees net van die klein vissies, wat van die groot visse wat ons nou jare lank van lees?

Chris ·

Was Julius Malema nie een van die rowers nie? Wat het intussen van sy saak geword?

Realis Thailand ·

Ek wag vir die dag wanneer Malema en Shivambo aangekla word maar dit lyk of ek verniet wag
Ek wag ook vir die dag wanneer asl die hofsake eendag begin resultate lewer
MAW wanneer mense behoorlike vonnisse opgele word soos die strafproseswet voorskryf

Yvonne ·

Sinneloos hoe hierdie saak uitgerek word…jaar in en jaar uit….ons regstelsel laat veel te wense oor…..of jy weier eenvoudig om in die hof te verskyn, dit klink so lamlendig

Andries ·

Ons afgedankte burgermeesteres het 50 miljoen belê maar word nie aangekla nie. Nou hoe nou?

Di ·

DIE storie het ook in die niet verdwyn. Waar is al die ander skelms soos Malemma??? Nog steeds op straat besig om amok te maak in die land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.