Veghond val seun (7) aan

Argieffoto

ʼn Sewejarige seun van Durban in KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat die gesin se Amerikaanse veghond hom Woensdagmiddag aangeval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die nooddienste is deur ʼn verbyganger ontbied nadat dié die seun met ʼn ernstige wond aan sy regterbobeen op die sypaadjie sien lê het.

Die seun is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy aansterk.

Meer besonderhede oor presies hoe die voorval ontvou het, is nie tans beskikbaar nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Valerie ·

Die vieslike gevaarlike dier hoort nie tussen mense nie. Een…voudig.

Cherokee ·

Die grootmaakstorie hou geen water nie. Al maak jy byvoorbeeld ‘n Chihuahua hoe groot, sal hy nooit mense aanval nie. Daardie brakke is ingestel daarvoor en daar behoort ‘n wet te wees teen die aanhou daarvan.

w ·

Sien plan met di vieslike mense wat hieri honde om verkeerde redes aanhou

Mitchel Heppell ·

Wat ek graag wil weet is hoe die hond uit geken is as n veghond?

Ons dink aan die seun en sy ouers en hoh hulle on ons gebed.

Stingel ·

Enige oomblik gaan die veghond eienaars weer begin vertel dat die goed so lief vir hul kinders is ens ens….blaw blaw! Maar hoeveel onskuldige kinders moet nog deur die pyn en trauma gaan? Is n simpel hond meer werd as n kind?

Marlize Rossouw ·

Staffordsshire Bull Terrier eerder – Gooogle dit maar . Ek’t Bull Terriers gehad, hulle was kampioene en opvreetbaar van liefde. Veral tydens skoue was my honde en die ander saam in ‘n ring en geen gevegte nie, net nuuskierig en so spoggerig en gemanierd soos stoet perde. Naels wit gecutex – als wat wit is – nog witter gepoeier sodat die perfekte papagaai/eier neus mooi afshow. Staffordshire soos Jock of Bushveld is die hond op julle foto – net sulke oulike honde – die foto hierbo is dalk nie die hond wat aangeval het nie

Marlize Rossouw ·

hoekom kan ek nie die link vir amerikaanse veghonde/pit bull terriers hier incopy nie? asook die van Staffordshire bull terriers & bull terriers wat net liefde het om te gee – ook nie hier ingecopy kry nie

Ek ook ·

Ook ek het al voorheen probeer ‘spoeg en plak’ maar helaas . . .

t ·

Het ook vantevore probleem gehad. Moenie Copy & Paste nie, Drag & Drop werk.

Dirk van Niekerk ·

Staffordsshire Bull terriers,Amerikaanse Pitt Bulls almal baie oulik tot hulle mal raak dan is hulle n gevaar vir hulle eienaars kinders en almal anders. Hulle was geteel om te veg en al is die hond geskool kan hulle nog nie vertrou word nie. Woon in Australie en ons het hier ook probleme met hond aanvalle sonder uitsondering Bull terriers of soorgenaamde veghonde.
Die eienaars van die honde is gewoondlik soos ek hulle noem die “die dik arm brigade” en pas goed by hulle honde

Wouter ·

Enige groot hond kan as n veghond gebruik word as hy so geleer word. Die in n Pitbull. Nie n Amerikaanse veghond nie. Ek het een en kom kyk gerus of hy soos n mensvreter lyk. My fox-terrier het al meer mense gebyt as al die sogenaamde veghonde saam. Boerboele en Rottweilers het al meer mense gebyt. Hou op om die ras en hul eienaars sleg te maak. Jylle weet nie waarvan julle praat nie.

Paplepel ·

Die verskil is met Fox terrier aanval sit jy ‘n pleister op en gaan aan met die lewe; met ‘n Pitbull aanval sit jy ‘n steen op…

Theresa S ·

Ek het ‘n APBT (pitbull) met die lieflikste geaardheid.Die worshonde is die teendeel,want hulle byt haar en mense.Enige fris hond word deesdae as ‘n pitbull geklassifiseer

broos ·

die vraag is eerder hoekom was hierdie hond nie agter tralies nie, en hoe het hy in die straat ingekom??

broos ·

skuus wou se….agter heinig/muur….eienaars behoort verantwoordelikheid te neem

Pittbull einaar ·

Ag tog nou moet ons weer luister hoe al ons honde onder die selfde kam geskeer word. So moeg vir die gesprek!!! Mense moor meer as honde so kom ons ban mense. Hoor julle hoe simpel dit klink, dis hoe julle klink.

Pitty liefde ·

Hahaha ek stem 100% saam met jou!!! Ons moet konstant opstaan vir ons ou Pitty kinders…
So keelvol daarvoor. Al wat vir my saak maak is dat ek lief is vir my hond, en die mense wat iets sleg te se het oor hom, het ek nie nodig in my lewe nie. Groot of klein, dis hoe jy hulle groot maak!! Daar was paar weke terug ‘n vrou wat haar pitbull weggegee het omrede hulle hom te liefdevol groot gemaak het en die ander hond byt hom te erg, dit se baie!!!

Riana ·

Alweer die hond wat n label om sy nek kry. Daar is niks verkeerd met n Pitbul nie. Mense wat hulle vieslikke menings so uitspreek oor dit moet vir n slag self ondervinding opdoen oor die honde. Blameer die eienaar en amper 100% is die hond getart deur n kind ?

Lee ·

Stem saam met jou Pitbull eienaar. Ek is al so gatvol vir mense wat hulle slegmaak. Ek het self nie een nie maar het vriende wat het en hulle is baie oulike en liefdevolle honde. Dalk moet julle wat so julle 2c werd gee oor die hond eers wag tot Maroela al die feite omtrent die aanval het en dit plaas. As die hond dalk op ketting aangehou was en dalk geterg was is dit ‘n hele ander storie. Ek persoonlik het al gesien hoe ‘n Labrador ‘n 6jarige kind aanval wat hom terg. So hou op die hond slegmaak!!!

Dirk van Niekerk ·

Kom ons kyk na die name PITT BULL of Bull TERRIER. Vertel my nou die honde word aangehou as skoothonde en kan dieselfde behandel word as n worshond. Julle praat nonsens. Ek stem saam slegte eienaars speel ook n rol.

Trotse Pitty Mamma ·

Ek het 4 American Pitbull kinders. En 4 kinders van my eie. Julle kan gerus gaan oplees hoeveel German Sheperds en Labradors en vele ander rasse al hul eie eienaars of kinders aangeval het. Ek hoop almal wat so kommentaar lewer oor die en daai ras wat almal dieselfde is het huiswerk gaan doen… Oops! Nie? So gedink. My reun is so erg op die kinders en beskerm hul ten alle koste. My ma mag nie te rof speel met die kinders of te naby aan hul water spat in die swembad nie, dan staan Meneer van die erf se ore orent. Hy hardloop selfs voor sussie in wanneer sy in die water wil spring want hy hou nie van die swembad nie en probeer hul keer wanneer hul naby gaan. Hierdie ‘vreeslike gedrog’ storm soos ñ leeu wanneer iemand aan die voordeur klop of klokkie lui en hy ken hul nie. Hy is meer gehoorsaam as my eie kinders en ‘leer’ selfs ons 3 baba tefies om nie te rof te speel met ons kinders nie. Honde wat uit die erf kom gaan mense byt of teister veral as hul streng geleer is om binne te bly. Ek hoop van harte die klein kindjie herstel en ly nie ernstige skade nie. So iets is aaklig en wreed wanneer dit gebeur. Ek is self as kind deur Cocker Spaniel gebyt. Gebede vir die kleinding. Mag hy ten volle herstel sonder permanente skade fisies en psigies.

Regtig ·

Kry julle feite oor honde voor julle oordeel. As jy niks goed te se het oor GOD se skeppings bly stil. Dankie ek geniet my staffies waarmeer ek en my man groot geword het in ons onderskeie huise en wat hulle op dieou end dood getreur het. Hulle is engel hondekinders en verwaarloos jou hond en hy sal ook byt. Tata

Francie ·

Marlize Rossouw: Skouhonde word van baie klein af afgerig om juis dit te wees. Al die gepoeier en geverf gee al ‘n goeie aanduiding van hoe ver mense sal gaan om hulle honde goed te laat lyk. Ek en jy weet ook dat hulle teen alle koste geleer word om gehoorsaam te wees. Jy kan jou skouhonde en die gewone troetelhonde nie naastenby in dieselfde kategorie sit nie. As jy meer as een het, dink ek die sop spat tussen hulle wanneer hulle tuis is. Dit gaan my verstand te bowe hoekom veghonde nog enigsins in ons land toegelaat word.

PAUL ·

MENSE DIT IS NIE ALTYD DIE HOND SE SKULD NIE. n MENS MOET VRA WAT HET GEBEUR DAT DIE HOND HOM GEBUIT HET.

wiebo ·

My vriend het n worskond van kleins af, hy is nou 11 jaar oud. Blakend gesond en gelukkig. Word bederf en baie goed behandel, maar hy byt sy baas, grom en is aggresief vir geen rede nie. Wat n vieslike hond. As dit my hond was, het ek hom geklap dat hy hik. Waar het jy gesien dat n worshond sy baas byt????

Ret ·

My eie Rottweiler het my in my gesig gebyt paar jaar terug. Geen geterg of seermaak of niks nie. Hy het elke aand voor slapenstyd kom sit vir ‘n soen en soos elke ander aand het ek hom naggesoen (sonder enige vasdruk of ander aanraking) en hy het net gedraai en my in my gesig gegryp. Gelukkig het hy nie geruk nie, net gehap en gelos. So ja ek stem saam enige hond kan enige tyd iemand byt. Ons het hom laat uitsit na die aanval (meer van skok as enige iets anders en die veearts het gese as hy eers eenkeer “bloed” geproe het sal hy weer en weer byt) maar ek het net ‘n paar maande na sy dood weer ‘n Rottweiler gekry en sy is tot vandag nog met ons en het nog nooit iemand gebyt nie. So dit bly nog steeds ‘n raaisel oor hoekom die reuntjie my gebyt het. Maar ten spyte van al die merke in my gesig bly ek bly lief vir my Rotti….

Cherokee ·

Dit is bekend dat ek male sonder tal gesê het dat daar geen lelike hond is nie maar ‘n pitbull is werklik minder mooi. So hulle is nie net aggresief nie maar ook …e.. uhm… mìnder mooi.

Thea ·

Ek verstom my hoe mense vir die honde opkom en so min simpatie met die seuntjie het. Kan wet nie maar hierdie “vegters” heeltemal in SA verbied nie. Hier is genoeg mense wat moor!

D.D ·

Dit verstom my dat Maroela Media hulle altyd “veghonde” of Amerikaanse Veghonde” noem. Ek wil graag weet wie die honde elke keer identifiseer na so aanval? is dit jou normale ou wat in die buurt bly of is dit eintlik iemand wat genoeg kennis het van honde om so stelling te maak? Mense is vinnig om te se dit was n veghond wat n persoon aangeval het, het julle al ooit gedink aan al die mixed breeds en backyard breeders? Ek het eintlik n paar weke trug in n petshop puppies gesien en wat was dit? Dit was BOERBOELE GEKRUIS MET PITTBULLS. En dis waar julle die fout maak, die hond word groot en neem die figuur aan van n Pitbull maar niemand doen ooit verder toetse om te sien met wat daardie hond gekruis is nie. Maar ons sal seker nooit weer iets hoor of sien van n opvolg op hierdie berig net soos die berig van die veghond wat die man op “n perseel” aangeval het….niks het verder daarvan gekom nie. Want die media sal net publiseer wat hulle die meeste sensasie sal gee. Maar wat wel nie geplaas word nie is dat daar n verdere miskien 1.3milj veghonde is regoor die wereld wat nks gedoen het nie maar hulle eienaars lief gehad het nie. So kry maar julle feite agter mekaar.

Marlene ·

Ai, mense maak hul eie afleidings, geen hond hou daarvan om getart te word nie, net so is ons as mense ook, oor baie moorde gepleeg word deur nie blankes, moet ons nou se alle nie blankes is moordenaars, as een of twee blanke mans hul meisies geskiet het, moet ons se alle blanke mans is vroue moordenaars, so kan mens dan aangaan, hoe kan julle dan se VEGHONDE net oor party mense hul honde oplei om te veg, dit gaan gewoonlik gepaard met mishandeling en tarting deur die eienaars om sulke honde te he, want hulle kry geld daaruit, so moenie alle pittbulls onder dieselfde kam skeer nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.