Veiligheid by Brics-beraad is verseker, sê Cele

Polisieminister genl. Bheki Cele (21 Augustus 2023) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Alle veiligheidsvoorbereidings is getref vir die 15de Brics-beraad wat Dinsdag in Sandton afskop.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie, sê hy is tevrede dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ondersteunende wetstoepassingsagentskappe, wat deel vorm van die veiligheidsplan vir die Brics-beraad, alles in hul vermoë gedoen het om die veiligheid van die beraad en sy afgevaardigdes te verseker.

Meer as 40 staatshoofde, verskeie ministers en regeringsverteenwoordigers asook plaaslike en internasionale afgevaardigdes en verskeie verslaggewers sal na verwagting by die Sandton-konvensiesentrum bymekaarkom vir die drie dag lange beraad.

Cele het Maandag alle veiligheidsmagte toegespreek wat ontplooi is om die byeenkoms se veiligheid te verseker.

“As wetstoepassers van hierdie land word daar te alle tye van julle verwag om veiligheidsmaatreëls toe te pas terwyl julle as ambassadeurs van die land optree,” het hy gesê. “Dit beteken dat jy jou werk goed doen en die land goed verteenwoordig. Moenie enigiets aan die toeval oorlaat terwyl julle werk om hierdie groot geleentheid te beveilig waar 40% van die wêreld by ons kom kuier nie. Hou elkeen wat die konferensie bywoon veilig terwyl julle jul reaksie op misdaad verstewig deur polisie-ingrypings soos Operasie Shanela ter wille van Suid-Afrikaners en almal binne ons landsgrense.”

Cele sê die polisieministerie wil die land verseker dat die ontplooiing van bykomende beamptes aan die Brics-beraad nie normale polisiëring sal beïnvloed nie. “Alhoewel daar groot getalle beamptes in en rondom die venue van die beraad sal werk, sal SAPD-lede van verskeie dissiplines steeds met hul pligte voortgaan om misdaad te bekamp en te ondersoek. Operasie Shanela gaan voort soos normaalweg met hoëdigtheid-operasies vanaf Donderdag tot Maandagoggend vroeg in geïdentifiseerde hoëmisdaad-gebiede.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Terwyl ons land se eie mense vir hom niks meer as statistieke is nie!

Anel ·

Goeie genade, waar gaan almal bly as 40% van die wêreld hier “kuier”? Wie dra die kostes????? En die man kan nie enige persoon se veiligheid waarborg nie! Kyk hoe lyk hy!!!

Tewis ·

HA HA HA BLERRIE HEL!!!! EN JY KAN NIE JOU EIE MENSE BESKERM NIE????

Nie Verbaas ·

So in die res van die land gaan misdadigers n lekker 3 dae hê. Meer as gewoonlik. As jy na die man kyk sien n mens duidelik n toonbeeld van totale onbevoegdheid.

Hannes ·

Kom ons begin by die “generaal”, hy was ‘n onderwyser en het ‘n “generaal” geword omdat hy ‘n kader is. Wonder of hy ‘n dokter word as hy minister van gesondheid is?
Hy “shine” soos gewoonlik as daar kameras is, maar beteken niks.

Danie ·

Cele het gesê die son skyn. Laat ek gou buite gaan kyk of dit regtig so is…

Harley Davidson ·

Wat n grap,die soldaat met die goedkoop donker bril sê alles.

Vonkprop ·

Vinnige vragie. Hoekom word BRICS nie in Soweto gehou nie? Die regering is mos altyd so vinnig om te sê waar hulle vandaan kom en van die struggle en so aan so hoekom dit nie daar hou nie? Is julle bang vir iets? Alles gaan mos soontoe van rugby af tot konserte. Probeer julle ‘n sekere status voorhou om dit in Sandton te hou?

Watsenaam ·

Goeie vraag. Die inwoners en stadsraad is seker besig om elders te “strike”en kan nie so vinnig die plek skoon kry nie.

Kokerboom ·

Nog nooit het iemand so ‘n weersin in my opgebou as die kader wat op ons afgedwing word!

Jessey ·

Meneer Cele, ek glo nie dit kan gewone polisieering affekteer nie, want daar is normaalweg gene polisieering nie, net korrupsie

Sebastiaan ·

Dit lyk meer of sommiges vir die kamera waai ipv salueer. Handjies vorentoe en oop.

Estie ·

Ek wil net se… ” etenstyd ” gewys gaan dit baie goed met hulle. Ek kry skaam dat soveel onnet in een foto vasgevang is… Ons eie land se mens kan nie eers beskerm word nie, maar alles word uitgehaal vir lande wat eintlik tussen die lyne niks met Suid-Afrika te doene wil he nie.

Watsenaam ·

En Na die treurmare, gaan hy seker n Belaglike bonus en verhoging kry, Knap gedaan “comrade”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.