Veiligheid opgeskerp ná plundery by treinstasie

Foto: Verskaf

Die Passasierspooragentskap (Prasa) het veiligheid by Parkstasie in Johannesburg opgeskerp nadat grootskaalse vandalisme Dinsdag daar voorgekom het.

“Volgens veiligheidspersoneel het ʼn aantal misdadigers op gewelddadige wyse die treinstasie binnegekom waarna winkels geplunder is en glas toegangshekke, kaartjieverkooptoonbanke en selfs motors beskadig is,” het Nana Zenani, woordvoerder van Prasa, gesê.

Foto: Verskaf

ʼn Trein is ook met klippe bestook. Die polisie was op die toneel en die situasie het vinnig na normaal teruggekeer.

“Prasa sal veiligheid by die stasie opskerp tesame met groter polisieteenwoordigheid. Prasa sal nie toelaat dat kriminele hom teister nie. Ons het die nodige veiligheidspersoneel om te verseker dat so iets nie weer gebeur nie,” het dr. Nkosinathi Sishi, uitvoerende hoof van Prasa, gesê.

Prasa het enige iemand met inligting oor die voorval versoek om die polisie so gou as moontlik daarvan in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johanna Botha ·

Prasa is mos ook in n gemors agv anc kader korrupsie

elsa ·

Bring Spoorweg Polisie terug, sodat daat orde kan kom en geen misdadigers stasies en treine kan verniel nie. Die mense is werkloos, en met hul gedrag, kan niemand hul indiens neem nie. Kan hul nie verstaan om dit wat nie aan jou behoort te beskadig nie? Daar moet opvoedingsklasse aangebied word dat die mense kan geleer word.

Chris du preez ·

Stem saam met jou .Bring terug die spoorweg polisie

marous ·

Opgeskerp ? Voorkomend bestaan nie in die mense se woordeskat nie .

SjN ·

Alles wat 100% gewerk het is afgebreek weens n gebrek aan kundigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.