ʼn 27-jarige veiligheidswag, wat reageer het op berigte van ʼn gewapende rooftog, is Donderdagoggend in Hatfield in Pretoria deur ʼn vermeende gewapende rower in die maag geskiet.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 10:30 na die toneel in Stanza Bopapestraat ontbied. “Hy is op die toneel ondersoek. Hy was in ʼn kritieke toestand. Weens die erns van sy beserings is hy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem.”
Die polisie stel verder ondersoek in.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Life Med ambulans diens het net na die skiettery op die toneel afgekom. Hulle was eerste op toneel en het eerste die pasiënt begin stabiliseer. Snaaks dat net die Groot Ambulans firmas erkenning kry vir werk wat gedoen word, maar die kleiner dienste wat net so hard werk en sweet word daar niks oor gesê nie.
Die polisie stel ondersoek in ……?????
Miskien Roche, (net ‘n raaiskoot) het dit betrekking net beskikbare inligting. Miskien adverteer die grotes hulself dmv ‘n afdeling wie se werk dit is om hulle blink te poets.
Ter loops Maroela Media. N veiligheids wag, pas persele op, en is op perseel. N sekuriteits reaksie offisier, soos in die geval, reageer na situasies en tonele toe. Daars n verskil.
Roche dit is baie hartseer as iemand anders krediet vat vir iets wat hul eintlik nie toekom nie, maar ongelukkig gebeur dit daagliks op alle vlakke in die samelewing. Ek wil dus Life Med ambulans diens bedank vir die onbaatsugtige diens wat hul daagliks aan baie mense voorsien, doen so voort want dit word nie altyd mis gekyk nie en daar is baie pasiënte wat uiters dankbaar is vir wat jul vir hul doen! Sterkte julle doen wonderlike werk.