Ventersdorp-paar snou polisie glo k-woord toe

(Foto verskaf deur ANA)

ʼn Egpaar het Donderdag in die hof in Ventersdorp, Noordwes, verskyn, nadat hulle glo ʼn polisieman aangerand en hom die k-woord toegesnou het.

Norma en Johan Bauer Master, onderskeidlik 27 en 41 jaar oud, is op 31 Desember in hegtenis geneem en staan tereg op aanranding, crimen injuria en diefstal.

“Volgens inligting tot ons beskikking is die polisie na ʼn vulstasie in Krugersdorp ontbied waar die beskuldigdes amok gemaak het toe hulle glo geweier het om in ʼn ry by ʼn outomatiese bankteller te staan,” sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder van Noordwes.

“Die beskuldigdes het glo een van die polisielede wat ingeroep is om die situasie te ontlont, aangerand en sy voertuig se sleutel by hom weggeneem. Een van die beskuldigdes het ook glo die polisielid beledig en in die proses die k-woord gebruik,” sê Mokgwabone.

Die twee is in hegtenis geneem met die hulp van straatpatroleerders, waarna die sleutels van die polisievoertuig in Norma se besit gevind is.

Volgens Mokgwabone is die twee borgtog van R300 elk toegestaan.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê die egpaar se optrede ondermyn die gesag van die staat, wat beslis nie geduld sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.