Verdagte in Hillary Gardee-moord voorlopig vry

Hillary Gardee. (Foto: Verskaf)

ʼn Verdagte wat aan polisieondervraging onderwerp en amptelik aangekla is vir sy beweerde betrokkenheid by die dood van Hillary Gardee (28), is nou voorlopig vrygelaat.

Die man is die vyfde verdagte in Gardee se moordsaak nadat ʼn vierde man verlede week vasgetrek is.

Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Mduduzi Nkala staan reeds tereg op aanklag van die moord op Gardee.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die jongste verdagte, ʼn Nigeriese burger in sy 30’s, is Sondagmiddag deur die polisie in Nelspruit ondervra.

Hy is Dinsdag amptelik aangekla van regsverydeling.

Volgens Mohlala word die verdagte met inligting op Gardee se selfoon en skootrekenaar verbind.

Die Nigeriër sou na verwagting Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn het, maar die saak is nooit op die hofrol geplaas nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aan die polisie gesê dat die saak eers voor die hof gebring kan word wanneer ʼn beëdigde verklaring van ʼn kenner verkry is, wat die verband tussen die oorledene se persoonlike besittings en die verdagte kan bevestig.

“Die verdagte is dus voorlopig vrygelaat en sodra die nodige inligting bekom is, sal hy gedagvaar word om weer in die hof te verskyn,” sê Mohlala.

ʼn Vierde verdagte is kort voor die Nigeriër in hegtenis geneem, nadat hy glo toegegee het dat hy by Gardee se moord betrokke was.

Dié verdagte staan glo reeds tereg op die moord van twee vroue, berig News24.

Die EFF het die vierde man se inhegtenisneming verwelkom en meen dit sal berusting aan Gardee se geliefdes bring. Gardee is die dogter van Godrich Gardee, prokureur en voormalige sekretaris-generaal van die EFF.

“Ons sal voortgaan om die Gardee-familie te ondersteun terwyl hulle worstel met die verlies van hul dogter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

4ntj13 ·

Die NVG is jare agter as hulle dink slegs eksperts kan bo redelike twyfel data van slagoffers met hul aanvallers verbind! Ek dink die eksperts hoort heelwat later in die hof om die laaste sweempie twyfel te verwyder.

marius ·

Kan nie eers hoender diewe aankeer nie , wat nog van deskundige getuienis aanbied . Sit maar sommer ‘n hele volstruis in jou hoed , hoed .

Jack ·

Politieke moord so iets gebeur agter die skerms maa mister nigerian is lankal besig met sy volgende misdaad. Dis sy bedryf en hoekom hulle met oop arms in land verwelkom word.

Swerwer ·

Pateties. Waarom toi toi die rooi brigade nie, maar spoel hul moende uit oor stakende werkers wat geskiet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.