Verdagte met nog sewe sake verbind

Argieffoto

ʼn 26-jarige verdagte, wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn moord in Letsitele in Limpopo, word met nog sewe sake verbind.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Norris Ngobeni is op 4 Junie omstreeks 15:00 in Tzaneen in hegtenis geneem waar hy met ʼn Toyota Quantum rondgery het. “Dit het gevolg ná lede van die Tzaneen-taakspan inligting ontvang het van lede van die gemeenskap.”

Kort ná sy inhegtenisneming is hy ook verbind met ʼn rooftog in November 2018, ʼn rooftog in Mei 2019, drie sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer in November 2018, ʼn inbraak in Mei 2019 en nog ʼn inbraak in November 2018.

“Die man het Vrydag in Ritavi-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is tot 14 Junie 2019 uitgestel vir verdere polisieondersoek.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die lede van die taakspan geloof dat hulle dadelik reageer het op die inligting. Hy bedank ook lede van die gemeenskap dat hulle waardevolle inligting aan die polisie verskaf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saamstaan ·

Gee die lede van die gemeenskap n groot belonging vir die inligting wat gelei het tot hierdie moordenaar se inhegtenisneming! Hulle verdien dit!

Robert ·

Lede van die taakspan het dadelik gereageer op die inligting: verstommend!

Diefie ·

Robert, hulle het hul helder “moments” Nou kan hy in die tronk verder opgelei word in misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.