Verdagte steeds soek ná moord op lodge-eienaar

Andrew Ndlovu, ook bekend as Andrew Druza. (Foto: Verskaf)

Die man wat verdink word van die moord op Christine Robinson wat in Julie 2014 by die Rra Ditau Bush Lodge buite Thabazimbi in Limpopo vermoor is, is steeds soek. Robinson was die eienaar van dié lodge.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, is die plaaslike polisie op soek na die 29-jarige Andrew Ndlovu, ook bekend as Andrew Druza.

Ndlovu, oorspronklik van Zimbabwe, was ten tyde van die voorval ʼn werknemer by die lodge toe hy Robinson (59) na bewering op 19 Julie verskeie kere met ʼn mes in haar huis gesteek het waarna hy haar na bewering verkrag en beroof het. Hy het daarna op die vlug geslaan.

Maroela Media het vroeër berig Robinson se bebloede liggaam is destyds omstreeks 09:00 in ʼn duvet toegedraai aangetref. Sy het glo vroeër die week geld getrek om haar werkers te betaal.

Die polisie is sedertdien op Ndlovu se spoor, het Ngoepe gesê. Dit is nie duidelik of die verdagte in dié stadium in Suid-Afrika is of intussen teruggekeer het na Zimbabwe toe nie.

ʼn Voorlopige polisie-ondersoek het getoon dat die verdagte hom in ʼn stadium vermom en Andrew Druza genoem het. Hy het moontlik toe in Gauteng weggekruip.

Ngoepe het ʼn beroep op die verdagte gedoen om hom by die naaste polisiestasie oor te gee.

Enigiemand met inligting wat tot die vervolging van Ndlovu kan lei, word versoek om kapt. Paromi Kgatla by 082 565 7939 of 014 777 3573 of die Stop Misdaad-nommer by 0860 010 111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie ·

Ons moet iemand soos kry Trump en n muur bou.. Die goedkoop arbeid byt jou in die agterwereld…

Helen ·

Amper 5 jaar soek en ons is warm op sy spoor? Hy is lankal terug na waar hy vandaan gekom het. Tragies dat hy hier met ‘n werk voorsien is aangesien daar niks in sy land is nie en dit is hoe hy sy weldoener beloon en dit terwyl ons eie mense selde met so ‘n geleentheid kry.

Dries Moolman ·

Sterkte met daai muur, want as Malema sy sin kry gaan die grense sommer verdwyn, dan is dit free for all. Ek hoop die instromelinge gaan plunder dan sommer eerste die Inanda Country Club waar hy en sy vrou skouers skuur met die ryk wittes wat hy so verag.

Abrie Joubert ·

Die makste hond byt die hardste en seerste. Dan wonder ons almal hoekom “Wenkbroue gelig word as on die woord van Zimbabwe of Mozambique” hoor !

KP ·

Is warm op sy spoor dan word hy nog gevra om homself oor te gee. Wat n grap.

Marinda ·

Vyf jaar later. Hoekom gebruik hulle nie when duty calls op sabc 2 om die publiek se hulp in te roep nie? Vyf jaar later en hy is nog steeds soek. Dis swak.

Theresa ·

Ons vriend is ook op 6 Mei (4 jaar terug) op sy Plot vermoor deur een van sy werkers. Hy is met ‘n graaf en koevoet doodgeslaan. Daar was so baie lydrade, maar alles het net dood geloop en geen haan het weer daarna gekraai nie.

Antz ·

N goeie vriendin van my is ook nou 4 jaar gelede vermoor en daar was ook baie leidrade maar daar het niks van dit gekom nie en vandag wonder ek nog steeds wie haar so lelik vermoor het. Maar ja hulle is warm op sy spoor 5 jaar later. Hierdie land van ons n grap…..

Andreas ·

Ek kan my maar net nie keer nie, elke keer as ek die woord ‘lodge’ sien wat as synde Afrikaans gebruik word, gril ek, wat het van losieshuis, of herberg geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.