Verdagte vas ná Kuruman-moord

Danie Fourie. Foto: Verskaf.

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Danie Fourie (70) wat vermoedelik Dinsdagaand wreedaardig op sy kleinhoewe in die Seoding-omgewing naby Kuruman in die Noord-Kaap vermoor is.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 31-jarige verdagte is vanmiddag om 14:45 in hegtenis geneem. “Die verdagte is ʼn werknemer van die oorledene wat algemene takies rondom die huis verrig het. Die polisie het in samewerking met die gemeenskap die verdagte in ʼn veld langs die N14 in Kuruman vasgetrek,” het Kock gesê.

Daar is volgens Kock ook ʼn rewolwer in die verdagte se besit gevind wat glo aan Fourie behoort.

Maroela Media het vroeër berig Fourie se vrou, Mariaan, is erg aangerand, ontvoer en vanoggend in die vroeë oggendure in die egpaar se bakkie langs ʼn snelweg gevind. Kock het vroeër aan Maroela Media gesê die Mothibistad-polisie het ʼn verlate Isuzu-bakkie op die N14 naby Mothibistad aangetref. “ʼn Vrou is erg aangerand en met vasgebinde hande binne die bakkie aangetref,” het hy gesê.

Die polisie kon die voorval verbind met ʼn aanval op die Fourie-egpaar se kleinhoewe. Fourie se liggaam is toe op die kleinhoewe aangetref waar dit toegemaak is met ʼn waentjieklap.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Mariaan is in ʼn hospitaal in Kathu opgeneem vir mediese behandeling.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Big daddy ·

RIV oom Kat. Jy was n legende. Sal nooit ons ongewone koedoe jag vergeet. En hoe jy soos n tiener op 70 jarige leeftyd agter op n bakkie kon spring.

Pastoor ·

Wagter hoe ver is dit in die nag. Dit raak donkerder. Die dag sal weldrae aanbreek

Self ·

RIV Meneer. Medeleye aan die familie.

Wanneer gaan die blankes leer om self hulle takies te verrig???? Regtig dis nie so moeilik nie. Doen dit self en spaar jouself ook sommer baie rande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.