Vergadering gehou oor Moreletapark se rol in NG Kerk

Foto: Google streetview.

Die Moreletapark-gemeente in Pretoria se leierskap het Dinsdag met lede van die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode vergader oor die Moreletapark-gemeente wat sy rol in die NG Kerk heroorweeg.

Die Moreletapark-gemeente oorweeg dit om sy bande te verbreek met die NG Kerk nadat die leierskap en die gemeente “vir 40 dae gevas en gebid het om by die Here te hoor aangaande sake wat hul toekoms raak as gemeente”.

Die terugvoer wat hierna ontvang is, was eenparig dat die gemeente sy rol binne die NG Kerk moet heroorweeg. Daar is toe besluit om met ʼn proses te begin om verskillende opsies te ondersoek en te oorweeg.

Die leierskap van die Moreletapark-gemeente en die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode het ná afloop van gister se vergadering in ʼn gesamentlike verklaring gesê dit was ʼn “baie sinvolle” gesprek.

“Moreletapark se leiers kon hul bekommernis oor die handhawing van die gesag van die Skrif/Bybel en teologiese opleiding met die lede van die moderamen van die algemene sinode deel. Ons gesprek vorm ʼn goeie vertrekpunt rakende die proses om mekaar se harte te hoor. Vanuit Moreletapark se geledere volg daar besprekings met die Ring van Elarduspark en die Oostelike Sinode. ʼn Finale besluit rakende Moreletapark se rol binne die NG Kerk sal dus eers later geneem word,” lui die verklaring.

Die partye het alle gelowiges gevra om saam met hulle te bid vir die rol en toekoms van die NG Kerk asook die kerk in die algemeen.

Die Moreletapark-gemeente het ná die 40 dae van verootmoediging die gemeente, personeel en leierskap genooi om terugvoer te gee aangaande hul belewenis en dit wat die Here vir hulle kom wys het.

Daar is vyf kwessies wat daarna uitgelig is:

  1. Dat die gemeente moet terugkeer na hul roeping om die evangelie uit te dra asook liefde teenoor mense uit te leef.
  2. Dat gemeentelede moeite moet doen met hul persoonlike verhoudings met God en voldoende tyd moet bestee aan die lees van die Bybel en gebed.
  3. Dat daar ʼn besef moet wees wie God is, dat God heilig is, dat daar ʼn heilige vrees vir Hom moet wees en dat alles in die eerste plek net oor Hom moet gaan.
  4. Dat sondebelydenis baie belangrik is en dat die Here van elkeen verwag om nie hoogmoedig te wees nie en as eenheid moet funksioneer.
  5. Dat leierskap met durf toegepas moet word en sal opstaan vir die waarheid en gesag van die Skrif/Bybel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Markus ·

Ek wonder of hulle nog die plakkerskamp onderhou wat net agter hulle is,dit was n misdaad nes gewees en die kerk het hulle verdedig asof dit familie was.

Marietha ·

Markus, jy is baie welkom om ‘n diens by te woon, en daarna met iemand te gesels oor die plakkerskamp. Jy mag verbaas wees om te hoor dat die kerk geen geld aan die plakkerskamp verskaf nie. Die hele verhaal van die plakkerskamp moet eintlik geboekstaaf word; ‘n besonderse, baie spesiale storie…

Jack ·

Het die gemeente dan nou so ver afgedwaal dat sy rol in geheel hersien moet word?

Frank ·

Ware kerk in kort:
1. Suiwer Woorverkondiging (beide ou en nuwe testament, beide liefde en oordeel)
2. Suiwer bediening van die sakramente, soos Christus dit ingestel het
3. Toepassing van die tug soos in die Woord voorgeskryf
(Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 29)
Verder:
Ons plig om te SOEK na ‘n ware kerk NGB Artikel 28

PETER ·

Waarom word Levitikus 18:20 en 20:13 nie behoorlik toegepas nie. ?

Johann ·

En Paulus skryf in 1 Korintiers 6 vers 9 en 10 ook oor al die sondes

Andre ·

Miskien as hulle weer terug keer as n kerk en nie n besigheid nie kan dit dalk help

Ellisras ·

Met die maat waarmee jy meet, sal jy gemeet word. Hoop jy slaag die toets André e ander

Ekke ·

@Andre – ek het nogal ook dieselfde gedagte as jy Andre. Geld speel ‘n TE groot rol. Van die predikante doen mannekampe maar dan is die grootste prioriteit om die boek wat hy geskryf het te verkoop.

johann ·

André jy is heeltemal reg dit het n baie winsgewende besigheid geword en alle ander dinge is net n bysaak.

pieta ·

Ons is ‘n besigheid en is mal oor die Heilige Geld. Geen fout daarmee nie. God sal ons seen met rykdom wat ons nie sal deel tensy jy ook jou 20% bydra maak nie.

OWO ·

Daar is nie iets soos Heilige Geld nie.Indien dit geheilig word is dit ‘n afgod.Lees gerus Hebreers 13:5.Almal het geld nodig solank jy op hierdie aarde is.Jy kan nie vir iemand voorskryf hoeveel om te gee nie.Lees gerus 2Kor 9 en veral vers 7.

Boesman ·

Wonder wat Jesus sou dink indien Hy môre in die kerke instap? Dalk tafels omgooi.

Chrisn ·

Sinode het geen bestaansreg. Klomp skynheilige bloedsuiers. Hulle walg my geen tyd vir hulle. Hulle is die oorsaak dat predikante & lidmate na ander kerke is. Hulle het die NG Kerk vernietig.

Andries ·

Het jy al enige van die lede van die sinode ontmoet? Ken jy enige van hul persoonlik? Bloedsuiers? Ek hoop jy is n ongelowige want ek sal my nogal walg as dit n christen was wat so wreed veroordeel en dit nog sonder enige persoonlike kennis of insig.

Frans ·

Markus as hulle die plakkerskamp ondersteun het asof hulle familie is, tree hulle volgens Jesus op wat begeer dat alle mense gered word. Amen. Chrisn volgens jou skrywe tree jy nie op volgens die Bybel nie, wat ons riglyne gee om in liefde met mekaar saam te leef. Meskien het die leiers agtergekom dat die beleidsrigting van die NG kerk nie ooreenstem met die Bybel nie. Open. 18:4 Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag he en van haar plae ontvang nie. Lees ook Open 14:6-13 wat die laaste waarskuwing aan die mensdom is. Moreletapark gemeente, mag die Heilige Gees julle na die waarheid lei. Ek bid vir julle.

Frik ·

Chrisn jy is 100% reg. Hulle weet presies watter sonde n gruwel voor God is maar verkies om die teksverse te ignoreer en plaas die mens en menswaardigheid bo wat God in die Bybel sê. Hulle liberale mistasting het veroorsaak dat alhoemeer mense die Ng kerk verlaat.

Frank ·

Sinodes bestaan uit predikante met een of twee ouderlinge (uit alle gemeentes) wat hulle vergesel (deur kerkrade aangewys en mandaat gegee om die onderskeie gemeentes te verteenwoordig).
Moenie kwaad raak vir jou predikant nie want dan beteken dit die verkose kerkraad kom nie hulle toesighouding/regeer werk na nie. Met die Woord as rugsteun (kennis van die Bybel) moet hulle toesig hou oor hulle predikante, dat hulle nie die pad byster raak nie.
Ek glo daar is nog baie behoudende NG gemeentes in die land wat nog steeds suiwer kerk is en nie agter mense se willetjies toegee nie.

Hennie ·

Pieta nee dit is beslis teenstrydig wat die Woord sê met so n uitlating

Werner ·

Die NG kerk beywer hom lankal nie meer vir die werk van God nie met hulle liberale sienings dit is hoekom hul leegloop hulle het tred met hulle gemeentelede verloor

IK ·

Ek sou met die lees van die opskrif gedink het dit gaan oor die belydenis van belhar (kleinletters) en gays. Duidelik weet ek as lid van ‘n gemeente vd NG Kerk té min wat hier aangaan. Daar moes meer gebeur het as wat die berig weergee.

JWC ·

Die skrif is letterlik en figuurlik aan die muur vir die NG Kerk in 2019. Dié kerk het so ver afgedryf van die Woord van die Here… maar dank God vir Moreletapark se leiers en gemeente!

Dit is ‘n SKANDE NG Kerk en ‘n SKANDE vir jul wegbreek van die onvervalste WOORD…. gaan kyk maar na die “nuwe” denkwyses (of moet ek liewer sê denkwyzes soos DOMINEE sou sé!) van jul kweekskole. Dit is wat gebeur wanneer dogma en eie vertolking en die nuwe wêreldorde VOOR die wil van die Here kom.

God is besig met sy snoeiskêr en julle is op Sy skaal en dit lyk julle ledetal spreek boekdele… ‘n Ou pastoor het dit raak opgesom: Kweekskole stuur mense uit met ‘n kop vol kennis en ‘n hart sonder die Here!!

Here, open die oë van die eens magtige NG Kerk en hul leiers – laat hulle weer terugkeer na U en U alleen en onverskrokke die onafgewaterde, onvervalste Woord verkondig.

Amen en dankie dat U hoor, Here, want ons land is stukkend en oorgeneem deur die bose… laat ons as ‘n volk en nasie weer na U terugkeer sodat U ons land kan genees….

Jan Brand ·

In die NGK grootgeword. Was lief vir dié kerk en mense gewees en toe kom die middel 90’s. Ons preke en kerkrigting het so verander dat die gemeente gesluit het en ons kerk is vandag ‘n Saterdagaanbiddings kerk. Ek voel die NGK is doelbewus afgebreek om eenheid onder ons te laat verdamp. Vandag is die NGK so verRooms,dit is eintlik lagwekkend. Einde 90’s al daar uit.

Andries ·

Hier is meer agter die storie as wat ons besef want een van die groot kanonne op die Sinode is Ds Dirkie van der Spuy wat die stigter was van Moreletta soos wat ons dit nou ken. Hy het in Februarie 70 geword en moes onmiddelik aftree by gemeente. In Mei laat weet Moreletta (en vir Ds Dirkie wat moes aftree by hulle maar wat aanbly op Sinode) dat hul wil afstig. Ds Dirkie laat weet kerkbode dat hy niks geweet het van die plan nie al is hy nog kerkraadslid by hulle! Intussen is twee van die predikante tans in Australia (dit is hoekom Hul nie net sinode kon praat laas week nie) om met Hillsong se stigter te praat om franchise te word van Hillsong. Hillsong se stigter is weer in groot moeilikheid vir n pedofielia skandaal van sy pa wat hy toegesmeer het in 2015 (google dit maar). Iets anders dit agter die hele storie

JWC ·

Andries: Dankie vir die inligting! Dit spreek boekdele!! Hillsong is die pad so vêr byster. bedryf openlik okultisme en het net die skyn van christendom… wit gepleister en vol doodsbeendere. En dit is hier waar DOMINEE wil toenadering soek??

Kallimaari ·

Dis jammer dat kerke nou agter Hellsong aan beweeg. Gemeentes wil nie meer die ongeveinste Woord van God hoor nie, maar soek nou maniere om vermaak te word. Sondag oggend lyk meer soos ‘n konsert en ‘n hartlike self-help praatjie wat netsowel deur Oprah aangebied kon wees. Waar is die ware bruid van Christus? Sy het lankal die gebou verlaat. Jesus, as Bruidegom, is by die deur. Wie is gereed, met olie in haar lamp?

BenK ·

@Andries. Dirkie het nie die gemeente gestig nie. Ds Sarel Visser het destyds gehelp met afstig van gemeente. Ek was daar toe ons nog in die Laerskoolsaal eredienste gehou het. Dirkie, Sarel en n paar ander is ongelooflik sleg gehanteer.

Dit bly so jammer dat allerlei onnodige standpunte tweespalt veroorsaak. My mening is dat elke individu eers na sy eie sake moet kyk, en eie sonder bely. Die res sal vanself regkom

Victor Cloete ·

Watter twee kollegas van my is in Austrslië Andries. Vergewis jouself voor jy so mis tas. Al die predikante was teenwoordig met die gesprek Dinsdag. Ons almal is net hier in Pretoria. Kry jou feite reg asseblief.

lewies ·

Harde woorde. Maar dit is tyd om onverskrokke die profetiesestem van die ware kerk in SA. te hoor. Wat nie bang is om die gesag van die Bybel as hoogste doelwit na te streef en sonde in watte toe te draai nie.

HPV ·

As NG lidmaat. Dit is die minderheid van uiters liberale leraars en gemeentelede wat besig is om die NG Kerk te vernietig. Kom ons beveg liewer daardie liberale elemente en red die kerk. Die verlies van Moraletapark gemeente sal ‘n geweldige terugslag vir ons kerk wees en ander gemeentes gaan hulle volg.

Klaas ·

40 dae gevas om met voorstelle te kom . Die grootste twak storie wat hulle nog ooit uitgedink het. Hulle het voor die kamstige vas al besluit wat hulle gaan doen. Ketters.

HPV ·

Vink jy is reg, maar dit bly steeds die gemeente se keuse om hulle te huur of werkloos te laat.

JP ·

Baie bly om te sien dat dit nie net sommige is wat nie meer saam met die ng stem nie

Vra net ·

Andries, wat Chrisn se is dalk kras, maar daar sterk waarheid in. En ja, ek ken baie predikante, ook wat op Oostelike Sinode dien. Self n baie slegte stel n paar haar gelede met die spesifieke sinode afgetrap. Hul konkel en beskerm mekaar. Ons kerm oor politici wat oneerlik is-jy kry dit in die kerk ook. Party mense, ongeag hul beroep, is magsbehep.

Marietha ·

Andries en JWC, ek het dit gaan google, en dit was baie interessant; al die beskuldigings, nes jy dit noem, maar ook die ander kant van die saak, waar niks onder die mat ingevee is nie, maar baie goed hanteer is. Eerbaar, en op die regte manier. Die skuldige is verwyder uit die gemeente uit. Alle simpatie aan die slagoffers.

John ·

Beide kante…. of is daar tien, is ‘n vreemde spul… ver vervreemd van die Woord. Die verwikkelinge rondom gays mbt die hofsaak hou sekerlik hiermee verband. Die NGK het in ‘n halfeeu vanaf uiters verstok/veroordelend/skynheilig tot radikaal/vrydenkend/skynheilig verander. Die Kerk is na my mening vandag in ‘n erge warboel. Die RK se vrotappels stroom uit die kas en sy lyke word opgegrawe… meestal babas, Afrika-gemeentes eet slange en wek dooies kamma op, SA-kerke word welsynsorganisasie en politieke opstokers en elke ou met ‘n klagte kry hofbevele om die Vader se arm te probeer draai. Geen Bybel in skole en misdaad floreer,

Thomas ·

Ek hoop Moreletta park staan sterk teen die dwalinge wat tans in my geliefde NGK verkondig word! Dis tyd dat ons terugkeer na die gesag van die Skrif en dwalings soos die gay agenda, goedkeuring van saambly ens verwerp!

Gogga ·

Ek desert 1992 uit NG Kerk, maar Thomas, ek stem saam met jou. Hoe kan Kerk een oomblik sò sè en volgende oomblik anders?? Nee, dit gaan my verstand te bowe- lees net die ou betaling van die Bybel en leef daarvolgens!

Thomas John ·

Die groot probleem in die NGK is die liberalisme wat aan die fakulteite deur veral jong vrouedosente verkondig word!

Godvresende ·

Gogga en Thomas … ek stem. Kom ons gesels oor die waarheid van God se Woord en die weg vorentoe vir die klein getal wat gered gaan word … ons volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis. [email protected]

kolla ·

So hulle het gevas vir 40 dae en toe kom hulle op met ‘n lysie wat eintlik voor die 40 dae al opgestel is. LOL

Pieter ·

Mense onthou, die Kerk is JY – nie die NG of die APK of die VGK of enige ander instansie nie. Die Kerk is in jou en leef in jou en is wat JY daarvan maak.

Johan ·

Selfde probleem in Hartbeespoort. Kerk gee v plakkers kos in ons woongebied. Lok al die misdaad.

Adam ·

Tipiese Afrikaner gedrag. Indien iets jou nie pas nie, stig jy af. Dit is hoekom die Afrikaner op politieke en kerklike gebied op die grondpad is.

Hendrik van George ·

Politiek en geloof – het my vertroue in beide verloor. Die kerk, en hierby sluit ek alle kerke in, is besig om relevansie te verloor…..

Willemien ·

Politieke leiers, kerk leiers, en hul volgelinge is uiters gevaarlik. Wees baie versigtig wanneer jy met hulle te doen kry.

Helena. ·

Terloops, het enigiemand al gaan ondersoek instel by die crech van daai kerk? Gaan maak daai deure toe. Ek sê dit met n rede.

Anna ·

Smaak my daars baie geld in godsdiens. Meeste kerke het n winsgewende besigheid geraak en verkondig die voel-goed-oor-myself godsdiens (ek noem dit selfverheerliking) en nie die ware Woord nie

Robert ·

Sou jare gelede al afgestig het, die NG kerk het gaan stilstaan ‘n ruk terug.

Frank ·

Gaan stilstaan? Nou waar moet dit heengaan? Moderniseer?
God se Woord is ewig en onveranderlik!!!!
Eisch

Frm ·

Ek sien nerens datGod gese het hulle moet die Ng kerk los nie. Inteendeel al vyf punte is n teregwysing vir die gemeente leiers en lede persoonlik. Verander dan julle rol om dit wat julle sien verkeerd is kragdadig aan te pak en reg te maak soos die opleiding van teoloe. Ruk dan die sinode reg maar om n “francise” te word nadat julle klaar deel van God se liggaam is,is mos belaglik.

Insig ·

Ek weet nie of teologiese opleiding ‘n kwessie is nie. Jan van der Watt (tukkies + tuks studente by nijmegen,) Stephan Joubert (Tukkies, nou Potch) Braam Hannekom (Stellenbosch) is almal gereelde sprekers en aanbieders by die Kerk se programme. Verder is die jong jeugleraar ‘n tukkies studente en die jong vroueleraar (wat saam met Angus Pinkster aangebied het) ook van Tukkies. Belangrik om nie klippe te gooi voor ons al die feite het nie en selfs dan moet gelowiges nie klippe gooi nie.

Saintjordaan ·

Die kerk ken nie vir God nie, hul dink God s drie-enig, die grootste oorsaak van verdeeldheid. Die Skrif is baie duidelik, daar is net EEN God, die God en Vader van die Here Jesus Christus.

Frank ·

3 Persone, een in Wese.
NGB artikel 8 is duidelik (Skrifgebasseer)

Marlene Bothma ·

Ek hoop dat die CMR ook ontbind sal word aangesien gemeentelede op n paneel vergader en besluit wie is goed genoeg om n pleegouer te wees.

Anon ·

Ons kan die 5 punte op verskeie maniere vertolk… Sonder om die hele NGK daaraan te meet… Ek was al by Moreleta gemeente en het my verstom aan al die peperduur tegnologie… Sonder om te oordeel, het die vraag by my opgekom, waarom soveel geld spandeer om die Woord oor te dra? Natuurlik het Jesus se preek teen die berg by my opgekom en het ek besef hoe eenvoudig geloof eintlik kan en móét wees. Die kerk maak nie die skrif nie, die Heilige Gees vervolmaak die woorde daarin. Dieselfde tel vir almal se opinie oor die NGK as ‘n geheel. So sit en kibbel almal oor en wéér oor wie reg is, wie verkeerd is, wat aanvaarbaar is, wat nie aanvaarbaar is nie. Tóg het almal hulle troetel sondetjies só asof die een kerk jou méér heilig as die ander kerk maak en jou troetel sondes dus geregverdig is. Die crux van Moreleta Gemeente se boodskap van God is: DRA DIE WOORD VAN GOD UIT. Leierskap verg durf, ja, maar ook kundigheid om nie ‘n totale skeur in geloof as ‘n geheel te maak nie.

De Villiers ·

Julle wat die kerk van Christus en Christene so veroordeel en probeer afbreek, gaan lees 1 Kor. 3:1-9 en Gal.5:15.
Die leiers van NG Moreleta het nie afgedwaal van God en heidens begin raak nie, maar hierdie saak na God geneem. Moenie op menslike vlak hierna kyk nie.

Tanya ·

Dankie Moreleta Park dat jul hiermee te kenne gee dat jul nie soos die top leierskap van die NG kerk gaan afdwaal van God se Woord nie. Bid dat die valse leraars in die kerk se midde kan verdwyn, want hul doel is om onmin te saai en gelowiges te laat twyfel in die Woord en God se gesag

Anon ·

Die 5 punte wat genoem is ‘n baie duidelike instruksie en noem geensins die top leiers van die NGK nie. Mens moet versigtig wees om nie iets te sien wat nié daar is nie. Sê God nie baie duidelik dat ons verhouding met HOM is nie? So, ons moet dus ook nie verstrengel raak in al die sinnelose verskille tussen denominasies nie en afvallig van die Woord raak nie. God se Stem is meer indrukwekkend as enige kerk, predikant, pastor of persoonlike opinie en ons moet Sy Woord koester en bestudeer. Kom ons gee God die eer wat Hom toe kom in stede van oordeel fel oor ander (wat ‘n sonde is)

B ·

Dis maar hoe die pendulum swaai.

Pieter hierbo se kommentaar is in die kol. Die ‘kerk’ is maar net ‘n weerkaatsing van my en jou.

Liberaal ·

Ons linkse liberaliste glimlag nou lekker soos ons sien hoe ons nuwewereldorde meesters se plan werk in julle afrikaners se midde. Julle afrikaners wou mos ons linkses vertrou. As julle nie vernietig wil word nie, groei n ruggraat en staan op teen ons linkses.

Gert van Wierdapark ·

Wat van ‘n sesde punte by die 5 punt plan? Wyle prof Ferdinand Deist wat in 1997 oorlede is, het al in 1977 in een van sy boeke geskryf dat God nie die mens op aarde geplaas het om net vir homself goed bymekaar te maak, op te gaar, paleise te bou, vet bankrekeninge na te jaag ens. nie, MAAR om vir mekaar om te gee en na mekaar om te sien!!! Kapitalisme is ‘n afgod wat gerieflikheidshalwe feitlik nooit by die naam genoem word nie – ook nie van die kansels af nie. Is ons bereid om iets op te offer vir ons naaste, of is dit maar “Elkeen vir hom/haar-self en die duiwel vir die res”? Sterkte met jul pad vorentoe Moreleta!

nabetragting ·

Laat die gemeentes ook maar weer kyk na die vergoeding van predikante. Dis geld wat hulle by gemeentes hou. Waar is die dae dat hulle geroep word na ‘n ander gemeente, maar dit van die handwys , omdat geroepenheid se reels ook verander het.

Andries ·

Ouers, ek wil ook erkenning en spesiale verwlkoming gee aan al die wonderlike ouers wat hier is – wel gedaan in die fantastiese werk wat julle gedoen het met hierdie kinders – julle toewyding, jul liefde, jul ondersteuning en bo dit alles – die aandag en tyd wat jy met jou kinders deur gebring het.. Jul teenwoordigheid hier vanaand bevestig jul trots en dat hierdie kinders geliefd is.

Andries ·

Die Kerk is mos ‘ons moeder’ en al die kerke is haar kinders. In al die verskillende vorms, neerslae en foute ook. Kom ons wees geduldig met ons ‘kinders’ en ons wees verdraagsaam met ons ‘moeder’…ons is immers almal hier gelowiges?

GB ·

Die ware probleem le nie by hierdie of daardie kerk nie, dit le by die tradisies van die Christendom self. Die reformasie het nooit ten volle weggekom van Roomse dwaling nie. En die grootste dwaling wat al vir eeue gepreek word is dat Messias n einde gebring het aan die wet. Neem die wet weg en mense kan begin om die Skepper te dien op hul eie voorwaardes. En uiteindelik sit jy met n Babelse verwarring en n wegdraai van die Skrif. “Gaan uit haar uit, My volk.”

marous ·

Verdeeldheid ten doele . Nie net in hierdie gemeente nie maar orals in die wereld . Die Woord word vir mense aangepas , gepluis en verander en siedaar ….Babel verrys.

Nuwe Kerkhervorming op pad ·

100%. Maar dalk nodig sodat die kaf van die koring geskei word.

klip in die bos ·

Kerke en skole word gestraf deur liberale dosente en professore. Haal hulle eers uit die sisteem, sodat mense wat bereid is om te buig voor die gesag van die Bybel weer die opleiding behartig.

Liberaal ·

Hulle dien die god mammon, nie Christus nie. Moet nie liberales aftakel nie, ons globale superrykes het hulle nodig om julle te enslave.

Johannes ·

Ek wonder hoeveel van die mense wat hier kommentaar lewer , weet, dat die Evangelies Gereformeerde van vandag juis uit die NG kerk ontstaan het vanjaar , 21 April , 75 jaar gelede uit die Durban gemeente uit.
Dit was ook as gevolg van die NG kerk se beleid en daaglikse optrede waarmee die predikant en kerk raad en gemeente probleem gehad het en uitgestap het.

GB ·

Dit is n algemene oortuiging dat die wetenskap onomwonde bewys het homoseksuele is so gebore. Al wat wetenskaplikes egter het is spekulasie. Maar al sou hul ook bewys dat homoseksuele so gebore is, maak dit steeds nie homoseksuele gedrag reg nie. Mans is van nature (geneties) meer aggresief as vroue. Dit verontskuldig steeds nie n man wat n vrou mishandel of verkrag nie. Sonde kom dikwels natuurlik vir die mens. Dit is die goeie wat onnatuurlik (geestelik, bo-natuurlik) is…

ETTA ·

Die NG kerk is n dooie perd. Oor nog 20 jaar sal daar net geboue staan sonder mense.

Hennie ·

Almal soek antwoorde en vrae word gevra stellings word gemaak uitsprake word gelewer mense word aangevat ens ens. Ons almal mis die boot al die vrae , stellings ens se antwoorde kry ons in die Enigste Lewende God se Woord van Genesis 1 tot en met Openbaring 22 sal ons alles kry ,wie is ons as mens om dit te betwyfel . Die Drie Enige God het Sy Woord vir ons gegee lees dit Glo dit want dit is Heilig . Geen redenasies aanmerkings of eie besluite kan die Woord ongedaan maak nie.

John ·

Ek beluister en verluuster my nou so aan die geselsies. Die Woord sê dat God se volk gaan ten gronde by gebrek aan kennis, nie geld of vryheid of wat ookal nie, maar die begrip God. Maleagi sê: ń seun eer sy vader en ń slaaf vrees sy heer. As Ek julle Vader is, waar is julle eer vir My en as Ek julle Heer is, waar is julle vrees vir My. En dit my liewe mensies is presies waar die probleem lê. Ons het christelik hoogmoedig geword, God en sy gebod versàak en dien nou die staf daarvoor uit.

Lerato ·

Levitikus het baie moderne mense deurmekaar. Christus het dit maklik gemaak.
Jy moet die Here jou God liefhê met alles in jou en jou naaste soos jouself.
Dit klink eenvoudige, maar mense kompliseer die saak deur net soos in die Bybelse tyd, die NAASTE te definieer. Is die ou met ‘n ander kleur of seksuele oriëntasie my naaste?
Navorsing het onomwonde bewys dat homoseksuele so gebore is.
Eerder hom hulle te verwerp moet God dan verwerp word omdat Hy hulle so geskape het?

OWO ·

Die ou met die ander kleur en seksuele orientasie is verseker jou naaste.God is baie spesifiek hieroor.Hy is nie teen homoseksuele mense nie maar wel teen homoseksualisme.Levitikus 18:22.
Hy noem dit saam met ander heteroseksuele sondes soos wellus,moord en dronkenskap en se dat daar vir diegene wat sulke dinge doen geen verontskuldiging is nie en die straf van God verdien.As homoseksualiteit geneties is,sou dit baie onredelik van God wees om dit ‘n sonde te noem-dan kan hy ons mos nie daarvoor straf nie.Hoe kan ons dit dan verhelp dat ons so gebore word.Dit beteken dat alle mense homoseksueel of nie,van nature kandidate is vir God se straf.Die goeie nuus is dat God vir Jesus gestuur het sodat almal van sondes bevry kan word en God ons nie meer hoef te straf nie.Die straf het op Jesus gekom.

GB ·

Lerato, die idee dat die wetenskap onomwonde bewys het dat homoseksuele so gebore is, is vals. Daar is geen onomwonde bewyse nie, slegs spekulasie tot sover. Maar selfs al word dit eendag wel bewys beteken dit steeds nie dat homoseksualiteit reg is nie. Mans, byvoorbeeld, is oor die algemeen meer geweldadig as vroue. Dit verskoon steeds nie manlike geweld nie. Almal van ons is in sonde gebore. Boosheid is ons natuurlike toestand. Juis daarom benodig ons n Verlosser.

BM ·

Sondagoggend om negeuur begin die oggenddiens op RSG. Dit word regstreeks vanuit ‘n RKK uitgesaai en die gedeelte uit die bybel word voorgelees terwyl ek aantrek om na my NGK te gaan. Tot my verbasing word dieselfde gedeelte uit die bybel voorgelees en is die boodskap dieselfde as wat ek so pas op die radio gehoor het. Is NGK dan nou deel van die RKK?

Jan ·

Ek sien daai Gavin Watson skelm van Bosassa was ook n spreker by n Moreletta funksie- nou wonder ek wat die mamparra kom vertel het?

Sarel ·

Dit is altyd ironies hoe daar oor finansies gekla word wanneer die kerk ter sprake kom. WEk sal graag wil weet of die mense dink Leeraars, wat oo mense is en ook gesinne het wat versorg moet word, net soos jopune meneer, moet hulle sonder salaris werk. Wie moet die Kerk se eiendo onderhou en Munisipale rekenings betaal. Wie fiinansier NG Welsyn om maar paar te noem.

Tollenaar ·

Ek stem saam met Moreleta. Ons bestaan en lewe moet net oor God gaan. Ons moet en kan God Drie Enig net leer ken deur Sy woord te lees en ons te onderwerp aan Sy waarheid. Moreleta gaan voort om jul oë en ore gevestig te hou op wat God jul openbaar. Ons bid Vir julle.

Johannes ·

Ek het ook gehoor dit gaan swaar met die Gemeente se finansies en hul soek n nuwe uitweg- blykbaar n klomp personeel geretrench so twee jaar terug? Vandat die konserte weg geskuif het na Menlyn maine sukkel ons om die geld bymekaar te skraap

Boesman ·

Die gemeente het 40 dae gevas en gebid vir leiding. En toe kom hulle vorendag met besluite wat waarskynlik lank voor die vas al geneem is. Lagwekkend.

Piet ·

40 dae lank gevas en bid met die ‘leiers’ maar Dirkie wat ‘n groot leier en kerkraadslid is weet nie eers van die storie nie?? Ek ruik ‘n rot

boertjie ·

Die probleem in die land is nie die lolitiek nie maar die NG Kerk en dies meer met hulle dubbele priesterskap. In Jeremia se die Bybel dat God bring n straf oor ons wanneer ons met afgodery besig is en dis presies wat hier aangaan. Die profeet Elisa het julle baal profete uitgedaag, julle donker werke is in die openbaar, bekeer julle haastig van julle songod aanbidding, julle het die nasie mislei deur te laat dink julle aanbid die een ware god, maar dit was alles leuens. Daar is geen verlossing sonder bekering nie. Die skrif is aan die muur en julle kaart huis val inmekaar, julle huis is nie op die rots gebou nie, die storm het gekom en julle is stroom af. Dis tyd dat die koring van die kaf geskei word.

Frik ·

Daar is altyd een nar in die pakkie en lyk my dit is jy Boertjie. Songod ? Ek dog dit is die tokkelos? En blykbaar is die Rugby wêreldbeker verloor teen Japan ook agv die Ng kerk se kategese materiaal? Die maanlanding- NG dominee conspiracy. Die kerk staan al meer as 150 jaar met bykans n miljoen lidmate. Deel van groter tradisie wat 500 jaar oud is met paar 100 miljoen lidmate- maar dankie tog jy het dit als uitgefigure op jou eie. Daai rots lyk vir my redelik stewig

Boertjie ·

Die probleem in die land is nie die politiek of partye nie maar die NG Kerk en dies meer met hulle dubbele priesterskap. Julle donker werke is geopenbaar en die skrif is aan die muur. Bekeer julle haastig van julle songod aanbidding. Die Woord van God se in Jeremia wanneer jy hierdie afgodery voor my pleeg bring ek oor jou n nasie wat geen ontsag het oor n grysaard nie en ons volk gaan gebuk onder die straf agv ons Kerk leiers wat ruggraatloos is. Julle is uitverkoop aan songod aanbidding met al sy gruwels en Sondag staan julle met julle vroom gesiggies voor die Kerk en mislei die volk. Die Bybel se daar sal geen verlossing wees sonder bekering nie. Julle kan hoeveel bid dae hou vir hierdie land maar God se ore het doof geword agv ons sonde, bekeer julleself van julle songod aanbidding en hou op hardkoppig wees. Julle huis is op sand gebou, die reen het gekom en julle is stroom af. Julle hande is slap want julle het die ware God van Hemel en aarde vergeet, julle is geweeg en te lig bevind.

anton ·

Die mense wat se en glo dat ALMAL jou naaste is, val baie ver uit die bus uit en glo julle in n ”fable”!!!

OWO ·

Almal wat vandag jou pad kruis,of jy daarvan hou of nie,is jou naaste.Lees gerus Matt 5:43-48,Matt 19:16-22.Luk 10:36-37,Luk 21:24.Hierdie is Graad een Teologie,maw ‘n kind kan dit verstaan.Sterkte.

Saintjordaan ·

NGB Artikel 8 Skrifgebasseer beteken niks, die BYBEL is baie duidelik, dat Jesus Christus het ‘n God en ‘n Vader gehad, daar is baie Skrif wat aangehaal kan word bv Ef 1:3, 17 maar een van die duidelikste Skrifte is 1 Tim 2:5
Daar is EEN God (Deut 6:4; Mark 12:29-34) en een middelaar tussen die mens en God die mens (G444 antropos) Christus (of gesalfde) Jesus.
Selah

Heksie ·

In die einste kerk waar ek gedwing was om na Selebi se begrafnis te gaan en vir ure te sit en luister oor apartheid en toe moes sien hoe die ministers, hul gades en hordes lyfwagte verby jaag in hul duur voertuie wat met my belastinggeld gekoop is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.