Verhoor begin jare ná Dendron-plaasaanval

Chris en Leonise Joubert (Foto: Facebook)

Die drie verdagtes wat teregstaan op die aanval van Chris en Leonise Joubert op hul plaas in Limpopo sal in Julie vanjaar verhoor word. Die verhoor begin byna twee jaar ná dié aanval in die Dendron-distrik in 2020.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sal die verhoor tussen 18 en 29 Julie in die hooggeregshof in Polokwane plaasvind.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 18, 29 en 38 jaar oud, staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, huisbraak met die doel om te roof, twee aanklagte van verkragting,  poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die 18-jarige is uitgeken as die seun van die huiswerker wat vir die Joubert-egpaar op die plaas gewerk het.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar is op 4 Augustus 2020 op hul plaas deur vyf verdagtes aangeval. Chris is erg aangerand en is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Leonise is in die regterbeen geskiet en deur twee van die aanvallers verkrag.

Die verdagtes het met drie vuurwapens, ʼn Nissan Navara en ander los items gevlug.

Een van die verdagtes se makkers is tydens ʼn jaagtog met die polisie geskiet en hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. ʼn Vyfde verdagte is steeds op vrye voet.

Die NVG kon nog nie die name van die verdagtes aan Maroela Media bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pablo ·

Twee jaar later en die staat krap nog steeds rond. Beyond useless. Tipies kader deployment.

Di ·

Weereens ‘n bewys dat in baie gevalle werkers betrokke is by hierdie aanvalle – meeste van die inligting word verskaf aan die kriminele deur van die werkers op die plase. Hoop geregtigheid geskied. Kriminele het deesdae meer regte as die slagoffers

Casper ·

Dit is die seun van die huiswerkers en nie die huiswerkers self nie.

Pieter ·

Hoor my mooi mense veral op de plase, maak jou eie huis skoon, die werkers gee informasie uit wat in jou huis aan gaan, hulle sien als wat daain is, kluise ens. Hier is net nog n bewys wat hier gebur het.

Vernon ·

Stem. Dis hoekom dit so gaan veral in stede..mense wil nie hoor nie.

Swerwer ·

Genade, hoe moet die Joubert egpaar aangaan met hul lewe na al die vieslike gewetenlose landsburgers aan hul gedoen het. Net weereen ‘n bewys om die medelandsburgers nie op jou grond of in jou lewe toe te laat nie.

KatjieDeKat ·

The best revenge is to rise again and to be happy again. To heal and to have an even better life than before. Daar is geen beker meer bitter as dit nie, vir diegene wat jou wou vernietig.

Delia ·

Ek Ken die Jouberts persoonlik. Dierbaarste mense. Hoop geregtigheid geskied. Mag God julle dra deur die hofsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.