Verkeersbeampte fnuik waarskynlik transitoroof

Die ongelukstoneel naby die Greenstone-winkelsentrum in Edenvale. (Foto: Verskaf)

’n Beampte van die Gautengse verkeerspolisie het Vrydagoggend waarskynlik ’n transitorooftog by ’n winkelsentrum in Edenvale in Johannesburg gefnuik.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê die beampte het patrollie op die R25 langs die Greenstone-winkelsentrum gery toe ’n lid van die publiek hom genader en van ’n rooftog by die winkelsentrum ingelig het.

Die verkeersbeampte het na die winkelsentrum gegaan en ’n skietery het tussen hom en die vermeende rowers ontstaan waarna hulle op die vlug geslaan het. Die beampte het opgemerk dat ’n transitovoertuig en ’n BMW naby die winkelsentrum in ’n ongeluk betrokke was.

By nadere ondersoek is springstof in die BMW gevind wat vermoedelik gebruik word gedurende transitorooftogte om kontant te buit.

Die verdagtes het glo in ’n Lexus op die vlug geslaan sonder dat enige kontant gesteel is. ʼn Soektog na die verdagtes is ondertussen van stapel gestuur.

Die Gautengse verkeerspolisie het die beampte geloof vir sy dapperheid. “Die Gautengse verkeerspolisie wil die beampte loof dat hy die vermeende transitorowers in hul spore gestuit het en ’n rooftog by Greenstone gefnuik het. Dit toon ons onwrikbare ywer om misdaad in die provinsie uit te roei,” sê Maremane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Te danke aan die publiek ook hoor verkeersbeampte! Indien hy/sy nie iets gesê het nie sou daar seker ‘n skietery ontstaan het en moontlik mense dood gewees het

Keelvol ·

Die rowers het alreeds op die publiek geskiet voordat die metrolid op die toneel aangekom het.

Johan ·

Rowers vra nie vrae nie, geen waarskuwing skote nie, hulle skiet net….net soos hier ook. Jy moet dalk die berig lees voor jy skryf perse.

Persheks Adri ·

Ja daar was geskiet Johan, maar die transitoroof is gestop en dis waar die erger skietery en dood sou ontstaan het. Skuus dat ek verkeerd getik het en dat jy my verkeerd verstaan het.

Johnny ·

“Vermeende” transitorowers? Werklikwaar? Hulle is dan op heterdaad betrap?
Dis werklik jammer dat die media so oorversigtig is om ‘n ding op sy naam te noem.

Yvonne ·

Dankie vir elke fluitjie blaser wat die moed en oortuiging het om iets aan misdaad te probeer doen

Nie Verbaas ·

Wel gedaan aan die lid van die publiek en die beampte wat besluit het om nie eerder die aftog te blaas nie. Mens kan nie help om te wonder of die rowers se wapens van die is wat by die weermag “vermis” word nie.

Thelsa ·

Seker die cANCer wat shopping doen om salarisse te betaal by Lethuli House.

Die Boerepompie ·

Waar kry die mense die goet Ek kannie eers my gun se lesensie kry nie kyk net wat het hulle by hulle gekry …nee mam nee

Skaduwee ·

Welgedaan. Hoop die beampte kry erkenning vir sy heldedaad.

Danie ·

Vermeende transitorowers is die korrekte beskrywing.
Niemand is op heterdaad betrap met geld in die hand nie.

Kanamandanie ·

“Dit toon ons onwrikbare ywer om misdaad in die provinsie uit te roei,” sê Maremane.”
Wat ‘n grap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.