Die Gautengse verkeerspolisie het Sondag bevestig hulle gaan appèl aanteken teen Julius Malema se vryspraak op ʼn aanklag van roekelose bestuur.
“Ons gaan definitief appèl aanteken teen die uitslag,” het Obed Sibasa, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê. “Ons het reeds met die Nasionale Vervolgingsgesag in verbinding getree.”
Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), is Vrydag in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek op aanklag van roekelose of nalatige bestuur. Hy is daarvan beskuldig dat hy in Desember 215 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het. Klik hier om meer te lees.
-SAPA