Verkeerspolisie op trollie-man se spoor

Skermskoot uit een van die video’s.

Die Gautengse verkeerspolisie is op die spoor van die man wat sy winkeltrollie aan ʼn brandstofvragmotor vasgemaak het en in die reën agter die vragmotor op ʼn snelweg aangesleep is.

Owerhede beplan om dié “ryloper” op te spoor en tot verantwoording te roep.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê ʼn ondersoek na die beweerde onwettige rygeleentheid is reeds van stapel gestuur.

Die ryloper sal na verwagting binnekort vasgetrek en aangekla word.

Maremane het egter nie enige besonderhede oor die man se identiteit verklap nie.

Die man het vroeër al laggend op ʼn snelweg buite Pretoria rondgery nadat hy sy winkeltrollie aan die agterkant van ʼn brandstofvragmotor vasgemaak het.

Dié petalje het ʼn glimlag op motoriste se gesigte gesit terwyl die reën op hom neergehamer het, maar talle mense meen eerder dat die man na sy dood gesoek het. Die voorval het na bewering Sondag plaasgevind.

Maremane het rylopers op Gautengse paaie gewaarsku dat optredes soos dié tot kriminele vervolging kan lei.

“Die Gautengse verkeerspolisie wil rylopers waarsku dat sulke onverantwoordelike gedrag ʼn kriminele misdryf is,” sê hy.

“Die Nasionale Padverkeerswet is baie duidelik en bepaal dat enigeen wat ʼn bron van gevaar vir hom- of haarself inhou en sodoende ander padgebruikers in gevaar stel, skuldig bevind kan word. Skuldiges kan een jaar tronkstraf opgelê word sonder die keuse van ʼn boete.

“Padgebruikers word aangemoedig om van openbare vervoer gebruik te maak as ʼn alternatief eerder as om hul lewens en dié van ander padgebruikers in gevaar te stel.”

Maremane het ook lede van die publiek versoek om wetstoepassingsowerhede te laat weet indien hulle onverantwoordelike optrede van rylopers waarneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jacques ·

Ek weet nie hoe hulle hom wil opspoor nie, ek sien nie ‘n nommerplaat op daai voertuig van hom nie….

Lillian ·

Ag asseblief, hy gaan nou laag lê want hy weet hy word gesoek. Kanse is min dat hy nou gevind sal word.

Gerra ·

Hy ruil net sy trollie in vir n Woolies een, dan is hy veilig

Racheltjie Debeer ·

Wonder ek ook. As hul praat van ‘n taxi, dink ek amper hy was veiliger in sy trollie, want die taxis ry meer roekeloos.

Porseleintjie ·

Waar was die verkeersbeamptes toe hy sy trollierit so geniet het? As ek my nie misgis nie was dit op die R21 snelweg. Was hulle aan diens het hulle nie nodig gehad om op sy spoor te wees nie want sy trolliespoor was gister al vir almal duidelik

piet ·

Hulle kan nie ooral wees nie, was nog nooit nie en sal ook nooit wees nie. Dis onmoontlik om oral te wees.

Leon ·

Maremane se onsensitiewe en onsimpatieke houding skree ten hemele. Openbare vervoer? Waar? Met watter geld vir ‘n waarskynlik werklose man? Maat dat hy geensins dapper is nie, hy het waarskynlik geen begrip van die lewensgevaarlike speletjie waarmee hy besig is nie, kan niemand stry nie. Dit vraag is eerder: hoe kon hy so ver vorder sonder om opgemerk te word deur wetstoepassing? Hy moes iewers die kans gehad het om aan die stilstaande voertuig vas te maak en later weer los te maak. Ek sou ook nie verbaas wees as die personeel vd trok van hom bewus was nie.

piet ·

Hou hy nie net met sy hande vas aan die trok nie? Kon baie vinnig die trollie agter die trok instoot, inspring en vasklou.

Manie ·

Goeie advertensie vir die trollie vervaardiger dat die trollie nie op daardie spoed breek nie.

E ·

Ja en ek kry altyd die trollie by die winkel wat soos ‘n steeks donkie is, wiele haak heeltyd vas en bly neuk in ‘n ander rigting. (Jammer ek is nie seker of neuk ‘n vloekwoord is nie) Kan ek asb daai trollie van hom kry? Minus die vragmotor.

Manie ·

Toemaar jy is nie alleen nie, ek wen myself ook klokslag die hobbel trollie.

Pierre ·

Kan dit nie glo nie hy was nie op n selfoon nie…….hy gaan defenitief uitstaan op GP se paaie.

Boer ·

Die man is dapper want 99% van die tyd as ek ‘n trollie kry loop hy skeef of die een wiel sit vas of die trollie is sommer net plain weg stukkend.

Swerwer ·

Hierdie “Die Nasionale Padverkeerswet is baie duidelik en bepaal dat enigeen wat ʼn bron van gevaar vir hom- of haarself inhou en sodoende ander padgebruikers in gevaar stel, skuldig bevind kan word. Skuldiges kan een jaar tronkstraf opgelê word sonder die keuse van ʼn boete.” is groot woorde, waarom is dit nie ook van toepassing op Taxi bestuurders nie?

Grassie ·

Wat die ou gedoen het is sekerlik verkeerd maar dit is seker een van die min plesiertjies in sy lewe Hulle moet net vir hom sê hy moet windskermveërs en flikkerligte in sy voertuig installeer.

Sandra ·

Pleks konsentreer hulle eerder daarop om die wettelose taxi bestuurders vas te trek, nou wil hulle ‘n moontlike straatslaper arresteer oor die video. Moes hulle hom nie eers betrap, of aftrek voordat hulle hom kan beboet nie? Hy kan net ontken dat dit hy is wat op die video is.

Hendrik ·

Wel ry eendag saam met my verkeerspolisie en jull gaan baie baie oortredings sien oral want julle sit mos al langs die brue en opritte om die Metro’s se koffers aan te vul. Julle doen niks om padveiligheid te bevorder.

Linda ·

Om owerhede te verwittig van onreelmatige padgebruik is ‘n grap. Ons het so paar maande gelede deur Stellenbosch gery en is verby gesteek deur ‘n stormdronk man in n bakkie. Hy het zig zag bane verwissel en amper in die proses 3 keer in karre vasgery. By Paradyskloof robot is hy deur ‘n man gekonfronteer en sy oë was stokstyf in sy kop van of dwelms of drank. Ek het die polisie in Somererset Wes gebel, sy nommer en maak van voertuig gegee en gesê hy ry nou op die R44, en hulle kan hom voorkeur soos hy Somerset Wes nader. Eers het die persoon nie verstaan op watter pad ons is nie, tog is die R44 landwyd bekend. Ons wag nou nog op die polisie of verkeers owerheid om hom te kan vang. Hy het afgedraai na Somerset Wes, verby die polisie stasie en gery so dronk tot binne in Sir Lowries Pass Village.

Swerwer ·

Praat jy! Die ou wou dalk net bietjie pret hê want die lewe druk en dalk vir hom as ‘n uitkoms gesien dat hy ook raakgesien moes word.

Waarnemer ·

Gaan hulle hom aankla vir “Roekelose en/of nalatige” bestuur of dal vir “Bestuur van n voertuig onder die invloed van” of “Bestuur n voertuig op n openbare pad sonder n geldige bestuurderslisensie”…..Sjoe daar is eintlik n verskeidenheid van klagtes mits hulle die man kan opspoor.

E ·

Laat ek jou se hulle kan nie eers hulle skoene opspoor nie! In elk geval wil ek nie my belastingbetaler geld op hom mors nie. Soek eerder plaasaanvallers.

ronel ·

Het verkeers polisie nie iets beter om te doen nie ? Mens sou sweer daar is nie regte verkeers oortredings daar buite nie

May10 ·

Wat moet mens doen? Dit is ons almal se voorland met die petrol pryse. Hulle moet bietjie die aantal smash en grabs gaan sien by fonteine Sirkel, en ophou met snert.

Benn ·

Openbare vervoer??? Dit bestaan slegs net nog in sommige gebiede.

Johan ·

Die trollie is nie vasgaak nie. Hy hou slegs met sy hande vas aan die voertuig.

Johan ·

…en ek dink Checkers is óók opsoek na hom en hulle trollie.

Duck ·

Stupid, dis nie dat die winkel trollie ‘n nommerplaat op gehad het en die man het nog ‘n kappie op sy kop ook. Glo nie hul sal hom opspoor nie. Bepaal liewers jul tyd en ons belasting betalers se geld op meer ernstige sake asb. Of gaan slaap onder ‘n boom in die koelte soos jul gewoontlik doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.