Verkiesing 2024: Dís wanneer ons kruisies trek

(Foto: Elaine Krige/Maroela Media)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag aangekondig die algemene en provinsiale verkiesings van 2024 sal op 29 Mei 2024 plaasvind.

Die president het die verkiesingsdatum ook met die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bevestig en reeds die stand van gereedheid vir die algemene verkiesings met die nege provinsiale premiers en die OVK bespreek.

Die president maan alle stemgeregtigde burgers om ten volle deel te neem aan dié “belangrike en geskiedkundige mylpaal op ons demokratiese kalender”.

“Benewens die nakoming van ons grondwetlike plig, is hierdie verkiesing ook die viering van ons demokratiese reis en ʼn bepaling van die toekoms waarna ons almal streef,” het hy gesê. “Ek doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om hul demokratiese reg uit te oefen en te stem vir diegene wat hulself verkiesbaar gestel het, en om dit vreedsaam binne die reg te doen. Ons maan ook ongeregistreerde kiesers om van die aanlyn registrasieplatform gebruik te maak en te registreer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Adriaan ·

Die DA is in beheer van Pretoria stadsraad vir n paar jaar lank al en dienslewering het in die tyd aansienlik verswak. As voorbeeld, groot dele van Pretoria is huidig sonder elektrisiteit na donderstorms en sommige inwoners sit al 4 dae lank sonder krag. Waarvoor word die honderde miljoene rand wat inwoners elke maand vir dienste betaal gebruik?

Adriaan ·

Die DA is in beheer van Pretoria stadsraad vir n paar jaar lank al en dienslewering het in die tyd aansienlik verswak. As voorbeeld, groot dele van Pretoria is huidig sonder elektrisiteit na donderstorms en sommige inwoners sit al 4 dae lank sonder krag. Waarvoor word die honderde miljoene rand wat inwoners elke maand betaal gebruik?

gedoriewaar ·

As die presixent die mense so aanmoedig om te registreer gee hy dan volmag om nog te registreer na die verkiesingsdatum bekend gemaak is ?

Piet 6 ·

Ek weet nie waar kom die mense aan verkiesingsdag op ń Vrydag nie. Verkiesingsdag was nog altyd op ń Woensdag, nie net in Suid Afrika nie.

Papsak ·

Hoe gouer hoe beter laat ons lig kan sien donkerte is nie meer lekker nie GOD U MET ONS !!!!!???

Michael ·

In duitsland is die verkiesingsdag ‘n sondag. Daar bestaan nie so ‘n ding soos ‘n afdag vir verkiesing nie.

Manie ·

Adriaan, dit neem 4 keer so lank om die voorafgaande jarelange verval om te keer.

John ·

Goed of sleg alles gebeur altyd op my Verjaarsdag………29 ste Mei moet n spesiale dag wees

honeybee ·

Adriaan, gaan kraai op jou eie mishoop. As jy dit beter kan doen, doen dit.

Prikkie ·

Pieter, weet jy iets wat ons nie weet nie? Grappie hoor, ek bid en hoop ook dat ons dan van die cANCer genees sal wees.

JohanR ·

Maar NIE vir die ANC of EFF nie. Ons wil soe graag he die volgende 5 jaar moet ANC vry wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.